Die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft der Frauen 2011; Engels: FIFA Women’s World Cup) is van 26 Junie tot 17 Julie 2011 in Duitsland beslis. Dit was die sesde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Duitsland. Duitsland het voorheen die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1974 en 2006 aangebied, waarmee dit ná Swede en die Verenigde State die derde land geword het om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die kwarteindrondte deurgedring het. Japan het die trofee gewen nadat hulle die Verenigde State geklop en sodoende hul eerste vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Japan 2 – die Verenigde State 2, maar Japan het met 3–1 ná strafdoele gewen. Daarmee het hulle die eerste Asiatiese land geword wat ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue kon wen. Swede het in die derde en Frankryk in die vierde plek geëindig. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 16 nasionale vrouesokkerspanne; vir die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 2015 in Kanada is die aantal tot 24 vermeerder.
Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Colombia en Ekwatoriaal-Guinee het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing duimnael|Die ses oorspronklike kandidaatlande Oorspronklik het ses lande – Australië, Duitsland, Frankryk, Kanada, Peru en Switserland – almal hul belangstelling aangekondig om die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 te huisves. Die Duitse sokkerbond het op 26 Januarie 2006 sy belangstelling aangekondig, nadat die destydse Duitse kanselier, Angela Merkel, haar volle ondersteuning bekendgemaak het. Teen sperdatum 1 Maart 2007 het al ses die belangstellende lande hul belangstelling amptelik aangekondig en op 3 Mei 2007 hul bieë amptelik by FIFA ingedien.
Die uiteindelike boddokumente moes voor 1 Augustus 2007 ingedien word. Switserland het op 29 Mei 2007 homself onttrek en aangevoer dat Europa baie sterk op beide Duitsland en Frankryk sou fokus, waarvolgens ’n derde Europese bod nutteloos sou gewees het. Op 27 Augustus 2007 het Frankryk sy bod ook onttrek, volgens berigte in ruil vir Duitsland se ondersteuning vir hulle bod om die Europese Sokkerkampioenskap 2016 aan te bied. Later het beide Australië (op 12 Oktober 2007) en Peru (17 Oktober 2007) hul bieë ook teruggetrek, waarna slegs Duitsland en Kanada oorgebly het. Op 30 Oktober 2007 het FIFA se uitvoerende komitee gestem om die toernooi aan Duitsland toe te wys. Kanada is uiteindelik as gasheerland van die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 aangewys.
Kwalifisering 16 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 deelgeneem.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie4de42003Groepfase (1995, 1999, 2003)6de62007Naaswenner (2007)1ste1–Debuut6de62007Kampioen (2003, 2007)1ste1–Debuut3de22007Kwarteindrondte (1995, 2007)2de12003Groepfase (2003)6de62007Kwarteindrondte (1995)5de52007Vierde plek (2003)2de11999Groepfase (1999)3de22007Groepfase (1991, 2007)6de62007Kwarteindrondte (1999)4de42007Kwarteindrondte (2007)6de62007Kampioen (1995)6de62007Naaswenner (2003)6de62007Kampioen (1991, 1999)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Berlyn Frankfurt am Main Bochum Mönchengladbach Sinsheim Olympiastadion Commerzbank-Arena(FIFA-vrouewêreldbekerstadion, Frankfurt am Main) Ruhrstadion(FIFA-vrouewêreldbekerstadion, Bochum) Borussia-Park Rhein-Neckar-Arena Kapasiteit: 73 680 Kapasiteit: 48 837 Kapasiteit: 20 556 Kapasiteit: 45 860 Kapasiteit: 30 150 200px 200px 200px 200px 200px Leverkusen Wolfsburg BayArena(FIFA-vrouewêreldbekerstadion, Leverkusen) Volkswagen Arena(Arena im Allerpark) Kapasiteit: 29 708 Kapasiteit: 26 062 200px 200px Dresden Augsburg Glücksgas-stadion(Rudolf-Harbig-Stadion) Impuls Arena(FIFA-vrouewêreldbekerstadion, Augsburg) Kapasiteit: 25 582 Kapasiteit: 24 661 200px 200px
Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 is oor 22 dae tussen 16 verskillende lande oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 26 Junie 2011 op die Rhein-Neckar-Arena in Sinsheim met die openingswedstryd tussen Nigerië en Frankryk afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Waldstadion in Frankfurt am Main op 17 Julie met die eindstryd tussen Japan en die Verenigde State, waartydens Japan die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die vrouesokkerwêreldbekertoernooie in 1999, 2003 en 2007 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunie/JulieSo26Ma27Di28Wo29Do30Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep C
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJulieDo7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 is deur 16 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 29 November 2010 op die Kongressentrum in Frankfurt am Main gehou.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Die openingseremonie op die Berlynse Olympiastadion Land330073+49320174+36310212–13300317–60
Groep B duimnael|Japan voor die wedstryd teen Engeland Land321052+37320163+36302137–42301246–21
Groep C duimnael|Wedstryd tussen Colombia en Noord-Korea Land330041+39320162+46301203–31301204–41
Groep D duimnael|Die Brasiliaanse nasionale vrouesokkerspan tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 Land330070+79320154+16310225–33300327–50
Uitklopfase duimnael|Die Sweedse nasionale vrouesokkerspan nadat hulle die bronseindstryd om die derde plek teen Frankryk gewen het
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Vrouesokkerwêreldkampioen 2011
FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2011-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Duitsland duimnael|Die Japannese nasionale vrouesokkerspan wat die Vrouesokkerwêreldbeker 2011 gewen het RangSpanGroep 1 B 6 4 1 1 12 6 +6 13 2 C 6 3 2 13 7 6 +6 11 3 C 6 5 0 1 10 6 +4 15 4 A 6 2 1 3 10 10 ±0 7 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 D 4 3 1 0 9 2 +7 10 6 A 4 3 0 1 7 4 +3 9 7 B 4 2 2 0 6 3 +3 8 8 D 4 2 0 2 6 7 –1 6 In die groepfase uitgeskakel 9 A 3 1 0 2 1 2 –1 3 10 D 3 1 0 2 2 5 –3 3 10 B 3 0 2 1 3 7 −4 2 12 B 3 0 1 2 4 6 –2 1 13 C 3 0 1 2 0 3 −3 1 14 C 3 0 1 2 0 4 −4 1 15 D 3 0 0 3 2 7 −5 0 16 A 3 0 0 3 1 7 −6 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Homare Sawa 5 2 Marta 4 Abby Wambach 4 4 Lisa Dahlkvist 3 Rang Speler Doele 5 Kyah Simon 2 Genoveva Añonman 2 Kerstin Garefrekes 2 Aya Miyama 2 Cristiane 2 Marie-Laure Delie 2 Inka Grings 2 Lotta Schelin 2 Rosana 2 Gaëtane Thiney 2 Célia Šašić 2 Lauren Cheney 2 Jill Scott 2 Élodie Thomis 2 Nahomi Kawasumi 2 Alex Morgan 2 duimnael|upright|Homare Sawa
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: The Class of 2011 rsssf.com: Women's World Cup 2011 (Germany)
Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Sokkerkompetisies in Duitsland Kategorie:Sport in 2011 2011