Segue 1 is 'n elliptiese dwergsterrestelsel of bolswerm in die Leeu wat in 2006 deur die Digitale Sloan-lugopname ontdek is. Dit is sowat 75 000 ligjare van die Son af geleë en beweeg teen 'n snelheid van sowat 206 km/s van die Son af weg.
Segue 1 het 'n opmerklike lang asverhouding (sowat 2:1). Dit kan veroorsaak word deur gety-ontwrigtings deur die Melkweg as Segue 1 nou ontwrig word.
Die naam kom van die feit dat dit deur die SEGUE-program (die Sloan Extension for Galactic Understanding and Exploration) ontdek is.
Eienskappe Segue 1 is een van die kleinste en dofste satelliete van die Melkweg – dit is sowat 300 keer so helder soos die Son, wat baie minder as die helderheid van 'n tipiese bolswerm is. Volgens waarnemings is sy massa sowat 600 000 sonmassas en kan dit deur donker materie oorheers word.
Die sterrestelsel bestaan hoofsaaklik uit ou sterre wat meer as 12 miljard jaar gelede gevorm het. Die metaalinhoud van sulke sterre is baie laag (Fe/H ≈ -2,5 ± 0,8), wat beteken hulle bevat 300 keer minder metale as die Son. Daar is tans geen stervorming in die stelsel nie.
Segue 1 is in die middel van die Sagittarius-stroom geleë, en ewe ver van die Son af. Dit was dalk eens 'n bolswerm van die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel wat later deur die getykragte van die Melkweg van die ander stelsel weggestroop is. In onlangse studies is egter bevind Segue 1 word nie eintlik met die Sagittarius-stroom verbind nie en dat dit nie deur getykragte ontwrig word nie. As Segue 1 'n sterrestelsel is, kon dit in die verlede 'n satelliet van die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel gewees het.
In 'n werk wat in 2025 gepubliseer is, beweer die skrywers die sterdinamika van Segue 1 is gebaseer op 'n puntagtige massa in sy middel met 'n massa van eerder as deur donker materie. Dié puntagtige massa word beskou as 'n supermassiewe swartkolk.
Sien ook Lys van Melkweg se satelliet-sterrestelsels
Verwysings
Skakels
Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels