Reticulum II (of Reticulum 2) is 'n elliptiese dwergsterrestelsel in die Plaaslike Groep. Dit is in 2015 ontdek deur die ontleding van beelde van die Dark Energy Survey. Dit is 'n satelliet van die Magellaanse Wolke en is waarskynlik redelik onlangs aangetrek. Nes ander elliptiese dwergstelsels is sy sterre baie oud: Nuwe sterre het meer as 11,5 miljard jaar gelede ophou vorm.
Kenmerke Reticulum II is 'n lang stelsel en te groot om 'n bolswerm te wees. Dit is sowat 103 000 ligjare van die Son af. Dit bevat baie sterre van die blou horisontale tak. Ander kenmerke sluit in 'n hoofreeks en 'n rooireustak. 'n Vreemde kenmerk is dat sowat 72% van die stelsel se sterre met elemente swaarder as sink verryk is. Dit het waarkskynlik net een keer in dié sterrestelsel gebeur, moontlik vanweë die botsing tussen twee neutronsterre.
Sien ook Lys van Melkweg se satelliet-sterrestelsels
Verwysings
Skakels
Kategorie:Net (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels