Die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 (Chinees: 2007年女子世界杯足球赛, 2007 Nián nǚzǐ shìjièbēi zúqiú sài; Engels: FIFA Women’s World Cup) is van 10 tot 30 September 2007 in die Volksrepubliek China beslis. Dit was die vyfde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die tweede in die Volksrepubliek China. Die Volksrepubliek China het voorheen die eerste 1991-toernooi aangebied, waarmee dit ná die Verenigde State die tweede land geword het om twee vrouesokkerwêreldbekertoernooie aan te bied. Oorspronklik sou die Volksrepubliek China die 2003-toernooi aanbied, maar weens die uitbreek van die Ears-pandemie in dié land moes die toernooi ná die Verenigde State verskuif word. Pleks daarvan is die 2007-toernooi aan die Volksrepubliek China toegewys, saam met ’n finansiële kompensasie.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die kwarteindrondte deurgedring het. Die verdedigende kampioen Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Brasilië geklop en sodoende hul tweede vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Daarmee het hulle die eerste land geword wat hul titel suksesvol kon verdedig en ná die Verenigde State die tweede land geword wat twee titels kon wen. Die Verenigde State het in die derde en Noorweë in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 is tot dusver die enigste toernooi sonder enige debutante.
Toewysing Oorspronklik sou die Volksrepubliek China die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 aanbied, maar weens die uitbreek van die Ears-pandemie in dié land moes die toernooi na die Verenigde State verskuif word. FIFA het onmiddellik die 2007-toernooi aan die Volksrepubliek China toegewys, waarvolgens tot die 2011-toernooi geen nuwe gasheer aangewys is nie.
Kwalifisering 16 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 deelgeneem.
SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie2de22003Groepfase (2003)4de42003Groepfase (1995, 1999, 2003)5de52003Derde plek (1999)3de11999Kwarteindrondte (1991, 1995)5de52003Kampioen (2003)2de11995Kwarteindrondte (1995)3de32003Groepfase (1999, 2003)5de52003Kwarteindrondte (1995)4de42003Vierde plek (2003)2de11991Groepfase (1991)5de52003Kwarteindrondte (1999)3de32003Groepfase (1999, 2003)5de52003Kampioen (1995)5de52003Naaswenner (2003)5de52003Kampioen (1991, 1999)5de52003Naaswenner (1999)
Stadions Wedstryde is in die volgende stadions gespeel:
TianjinWuhan Tianjin Olimpiese Sentrum-stadion Wuhan-stadion Kapasiteit: 60 000 Kapasiteit: 60 000 200px 200pxHangzhou Huanglong-sportsentrum Kapasiteit: 51 000 200pxChengduShanghai Chengdu-sportsentrum Hongkou-stadion Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 33 000 200px 200px
Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 is oor 21 dae tussen 16 verskillende lande oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 10 September 2007 op die Hongkou-stadion in Shanghai met die openingswedstryd tussen die verdedigende kampioen Duitsland en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 30 September met die eindstryd tussen Duitsland en Brasilië, waartydens Duitsland die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die vrouesokkerwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptemberMa10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Di18Wo19Do20Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep C
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseSeptemberVr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Seremonies
| colspan=2 bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 is deur 16 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 22 April 2007 op die Guanggu Wetenskap- en Tegnologie-uitstallingsentrum in Wuhan gehou.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Die Argentynse nasionale vrouesokkerspan tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 Land3210130+137312083+55311134–143003118–170
Groep B Land321052+37311154+14311134–14301214–31
Groep C Land3210104+67312074+35311174+343003315–120
Groep D Land3300100+109320156–16310244±03300309–90
Uitklopfase
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Vrouesokkerwêreldkampioen 2007
FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2007-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland die Volksrepubliek China duimnael|Heldeverwelkoming vir die Duitse nasionale vrouesokkerspan te Frankfurt am Main nadat hulle die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 gewen het RangSpanGroep 1 A 6 5 1 0 21 0 +21 16 2 D 6 5 0 1 17 4 +13 15 3 B 6 4 1 1 12 7 +5 13 4 C 6 3 1 2 12 11 +1 10 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 D 4 2 0 2 5 7 –2 6 6 C 4 1 2 1 9 7 +2 5 7 A 4 1 2 1 8 6 +2 5 8 B 4 1 1 2 5 7 –2 4 In die groepfase uitgeskakel 9 C 3 1 1 1 7 4 +3 4 10 A 3 1 1 1 3 4 –1 4 10 B 3 1 1 1 3 4 −1 4 12 D 3 1 0 2 4 4 ±0 3 13 B 3 0 1 2 1 4 −3 1 14 D 3 0 0 3 0 9 −9 0 15 C 3 0 0 3 3 15 −12 0 16 A 3 0 0 3 1 18 −17 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Marta 7 2 Ragnhild Gulbrandsen 6 Abby Wambach 6 4 Cristiane 5 Birgit Prinz 5 6 Lisa De Vanna 4 Kelly Smith 4 Renate Lingor 4 9 Christine Sinclair 3 Sandra Smisek 3 Rang Speler Doele 11 Li Jie 2 Kerstin Garefrekes 2 Ane Stangeland Horpestad 2 Heather O’Reilly 2 Cathrine Paaske Sørensen 2 Aya Miyama 2 Lotta Schelin 2 Melanie Behringer 2 Isabell Herlovsen 2 Lori Chalupny 2 duimnael|upright|Marta
Sien ook Vrouesokkerwêreldbeker 1991
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: The flawless triumph of Germany rsssf.com: Women's World Cup 2007 (China)
Kategorie:Geskiedenis van die Volksrepubliek China Kategorie:Sokker in die Volksrepubliek China Kategorie:Sport in 2007 2007