Kayla Swarts (gebore op 24 Mei 2003) is ’n Suid-Afrikaanse veldhokkie- en sewesrugbyspeler vir die onderskeidelike Suid-Afrikaanse nasionale spanne. Sy het aan die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys deelgeneem.

Loopbaan Veldhokkie Onder-21 Swarts het haar debuut vir die Afrikajuniorbeker 2023 in Ismailia en Juniorhokkiewêreldbeker in Santiago de Chile gemaak.

Nasionale span Swarts het haar debuut vir die Internasionale Hokkiefederasie se Nasiesbeker in Valencia gemaak. In 2024 het sy ’n Olimpiese atleet geword en Suid-Afrika by die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys verteenwoordig.

Rugby Nasionale sewesrugbyspan In 2024 het sy die Springbok-vrouesewesrugbyspan A tydens die Doebai Vrouesewes verteenwoordig. Tydens Wêreldrugby se Sewesuitdagerreeks was sy ook deel van die Springbok-vrouesewesrugbyspan.

Persoonlike lewe Sy het saam met haar ma en pa, Odessa Swarts (née Krause) en Steven Swarts, in Bloemfontein gewoon. Haar broer, Wayde van Niekerk, is ook ’n Suid-Afrikaanse baan- en veldnaelloopatleet wat aan die 200- en 400-meter deelneem. Sy is die niggie van die Suid-Afrikaanse Rugbywêreldbeker 2019-wenner Cheslin Kolbe.

Sy het Eunice Hoërskool bygewoon.

Verwysings

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 2003 Kategorie:Suid-Afrikaanse vrouerugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse veldhokkiespelers Kategorie:Olimpiese deelnemers