Jasmine Felicia Crockett (gebore 29 Maart 1981) is 'n Amerikaanse politikus en prokureur wat sedert 2023 as 'n lid van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers vir Texas se 30ste kongresdistrik dien. Sy was voorheen tussen 2021 en 2023 'n lid van die Texas Huis van Verteenwoordigers. Sy is 'n lid van die Demokratiese Party. Crockett is bekend vir haar progressiewe aktivisme met betrekking tot burgerregte, strafregshervorming en stemregte.
Op 8 Desember 2025 het sy haar kandidatuur vir Amerikaanse Senaat aangekondig. Haar hoof mededinger in die Demokratiese voorverkiesing is James Talarico. Crockett is een van sewe Swart vroue wat Senaatskandidate tydens die 2026 verkiesingsiklus is. Vroeë lewe en opvoeding Crockett is op 29 Maart 1981 in St. Louis in Missouri gebore. Sy het by die Mary Institute en St. Louis Country Day School en Rosati-Kain Academy, 'n privaat Katolieke hoërskool vir meisies in St. Louis, skoolgegaan.
Terwyl sy Rhodes College bygewoon het, is sy deur ’n professor aangeraai dat sy te veel persoonlikheid het om te berus by haar plan om ’n gesertifiseerde openbare rekenmeester te word. Die universiteit se hantering van ’n reeks haatmisdade op kampus het haar geïnspireer om 'n prokureur te word. Sy het in 2003 haar BA-graad in besigheidsadministrasie aan die universiteit behaal. Sy het daarna in 2006 haar regsgraad van die Universiteit van Houston ontvang.
Nadat sy haar balie-eksamen geslaag het, is Crockett 'n openbare verdediger vir Bowie County in Oos-Texas aangewys. Sy het later 'n regsfirma gestig wat motorongeluk-eise hanteer het en pro bono-sake vir Black Lives Matter-aktiviste opgeneem het.
Politieke loopbaan
In 2020 is Crockett as 'n lid van die Texas Huis van Verteenwoordigers as 'n Demokraat verkies. Haar kiesafdeling het 'n klein deel van die middestad Dallas beslaan.
In November 2021 het sy haar kandidaatuur vir Kongres aangekondig nadat die sittende Kongreslid vir Texas se 30ste Kognresdistrik, Eddie Bernicee Johnson, bekend gemaak het dat sy nie herverkiesbaar is nie. Johnson het kort daarna verklaar dat sy Crockett se kandidaatskap sou ondersteun. Sy het die Demokratiiese voorverkiesing in Mei 2022 sowel as die algemene verkiesing in November 2022 gewen. Sy is in 2024 herverkies.
2026-Senatorskandidaatskap Ná weke se bespiegelings het Crockett op 8 Desember 2025 haar kandidaatskap vir Amerikaanse Senaat aangekondig. Die Demokrate beskou die senaatsverkiesing in Texas as deurslaggewend vir hul plan om die meerderheid in die Senaat te herwin.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense