Die rabassam (Pelargonium reniforme) is 'n klein struik of meerjarige plant wat deel van die Geraniaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, vanaf Knysna tot by Umtata, voor. Die plant is deel van die fynbos en blom in Januarie.
Die spesie word versamel vir medisinale gebruik wat tot gevolg het dat die bevolking reeds met 20 tot 30% verminder het die afgelope 20 jaar. Die spesie staan ook as die rooirabas bekend.
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Pelargonium reniforme subsp. reniforme Pelargonium reniforme subsp. velutinum (L'Hér.) L.L.Dreyer
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
reniforme Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika