Die Schapenberg-natuurreservaat by Somerset-Wes se doel is om die renosterveld en ander bedreigde plantspesies te beskerm.

Hierdie beskermde gebied van slegs 14 ha lê op die westelike helling van die Schapenberg en grens aan die Boskloof-bewarea. Dit is in die woonbuurt Rome Glen. Vanaf aangeduide wandelpaadjies is daar ‘n besondere uitsig oor die Helderberg, Valsbaai, Kogelberg, Hottentots-Hollandberge en die berge van die Kaapse Skiereiland. Die omgewing is ryk aan voëllewe.

Bibliografie https://www.capetowngreenmap.co.za/print-maps/20-green-news/1505-new-schapenberg-nature-reserve-spoils-visitors-with-spectacular-views-and-critically-endangered-veld https://bolanderlifestyle.co.za/news/2025-09-22-enjoy-nature-at-the-new-schapenberg-nature-reserve-in-somerset-west/

Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap