Johannes Jacobus Adriaan van der Walt (plantkundige) (16 Oktober 1938 - 28 November 2003) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige.
Hy is in Krugersdorp gebore waar hy grootgeword en skoolgegaan het. Sy eerste werk was 'n biologie-onderwyspos by die destydse Transvaalse Onderwysdepartement. Intussen het hy ingeskryf vir 'n M.Sc. aan die Universiteit van Pretoria, die sekondêre groei van sekere liane bestudeer en in 1963 gegradueer. In 1968 was hy 'n lektor in Plantkunde aan die Universiteit van Zoeloeland naby Empangeni en in 1969 sluit hy aan by die Plantkunde Departement van die Universiteit van Stellenbosch as lektor.
Hy het veral navorsing gedoen oor die genus Pelargonium en het saam met Pieter Vorster drie boeke oor die onderwerp gepubliseer: Pelargoniums of Southern Africa, vol 1, 1977 Pelargoniums of Southern Africa, vol 2, 1981 Pelargoniums of Southern Africa, vol 3, 1988
Die standaard skrywerafkorting J.J.A.van der Walt word gebruik om Johannes Jacobus Adriaan van der Walt as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting
Bron Stellenboschwriters Journals
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2003 Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria