Olympique Lyonnais (Frans: Olympique lyonnais; Franse uitspraak: [ɔlɛ̃pik ljɔnɛ]), algemeen net “Lyon” (Franse uitspraak: [ljɔ̃]) of “OL” genoem, is ’n Franse professionele sokkerklub vir mans wat in Lyon, Auvergne-Rhône-Alpes, gebaseer is. Die klub se oorsprong dateer terug na 1899, maar dit is in 1950 formeel gestig.
Die klub neem tans deel aan Ligue 1, die hoogste afdeling van Franse sokker. Hulle speel hul tuiswedstryde in die Parc Olympique Lyonnais, kommersieel bekend as die Groupama-stadion, in Décines-Charpieu, ’n voorstad in die Metropool van Lyon, met ’n kapasiteit van 59,186 toeskouers. Die klub se tuiskleure is wit, rooi en blou. Lyon was ’n lid van die G14-groep van voorste Europese sokkerklubs en is stigterslede van sy opvolger, die European Club Association.
Die klub het sy eerste Ligue 1-kampioenskap in 2002 gewen, wat die begin was van ’n nasionale rekord van sewe agtereenvolgende titels. Lyon het ook agt Trophées des Champions, vyf Coupes de France, en drie Ligue 2-titels gewen. Op Europese vlak het die span sowat sewentien keer aan die UEFA Champions League deelgeneem, met halfeindrondtein die 2009/10- en 2019/20-seisoene, en het hulle drie ander kere die kwarteindronde bereik. Hulle het ook talle kere vir die Europa League gekwalifiseer, met die halfeindrondte in die 2016/17-seisoen as hul beste prestasie.
Verwysings
Kategorie:Franse sokkerklubs