Die kanferblaar (Pelargonium betulinum) is 'n klein tot medium struik wat deel van die Geraniaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, van Yzerfontein tot by Knysna, voor. Dit verkies om naby die kus te groei. Die plant is deel van die fynbos en blom van Augustus tot Januarie.
Die spesie staan ook as die maagpynbossie en suurbos bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
betulinum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika