Die wildestokroos (Anisodontea capensis) is 'n struik wat deel van die Malvaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van ongeveer 31 678 km². Dit word gevind in die Victoria-Wes, Richmond, Middelburg, Beaufort-Wes, Graaff Reinet, Prins Albert en Uniondale distrikte.
Die spesie is redelik onbekend en daar is net een monster van die spesie opgeteken die afgelope 20 jaar. Die plant word bedreig deur oorbeweiding en verdroging van die Karoo.
Sinonieme Die spesie het 18 sinonieme:
Malva balsamica Jacq. Malva capensis L. Malva debilis Salisb. Malva dilleniana Eckl. & Zeyh. Malva divaricata Andrews Malva microphylla E.Mey. ex Harv. Malva odorata Westc. Malva oxyacanthoides Eckl. & Zeyh. ex Harv. Malva virgata Cav. Malva virgata Murray Malva viscosa Salisb. Malvastrum capense (L.) Garcke Malvastrum capense var. balsamicum (Jacq.) Harv. Malvastrum divaricatum (Andrews) Garcke Malvastrum virgatum A.Gray & Harv. Malveopsis capensis (L.) Kuntze Malveopsis divaricata (Andrews) Kuntze Malveopsis virgata (A.Gray & Harv.) Kuntze
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
capensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika