Blinky Bill the Movie is 'n rekenaargeanimeerde familie-/buddy-rolprent van 2015 wat deur Deane Taylor geregisseer is. Die stemme van Ryan Kwanten, Rufus Sewell, Toni Collette, David Wenham kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Jim Ballantine en Barbara Stephen vervaardig en deur die verspreidingsfirma StudioCanal versprei. Die draaiboek is deur Fin Edquist geskryf met musiek van Dale Cornelius.
Rolverdeling Ryan Kwanten as Blinky Bill, 'n jong koala. Rufus Sewell as Sir Claude, 'n wilde Britse korthaarkat. Toni Collette as Beryl en Cheryl, twee emoes. David Wenham as Jacko, 'n kraagkoggelmand. Deborah Mailman as Mrs. Bill, Blinky se ma. Richard Roxburgh as Mr. Bill, Blinky se pa. Robin McLeavy as Nutsy, 'n koala. Barry Otto as Mayor Wilberforce Cranklepot, 'n goanna. Barry Humphries as Walter, 'n ou wombat wat Mr. Bill se vriend is. Tin Pang as Jorge, 'n kaketoe. Cameron Ralph as Splodge, 'n kangaroe en Robert, 'n liervoël. Charlotte Rose Hamlyn as Marcia, 'n buideldiermuis wat een van Blinky se beste vriende is. Billy Birmingham as Tony en Richard Steve Cooper as Hans
Ontvangs
Resensies Op Rotten Tomatoes gee 73% van 11 beoordelaars die rolprent 'n positiewe resensie, met 'n gemiddelde telling van 5,40/10.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Australiese rolprente Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Animasierolprente Kategorie:Buddy-rolprente