Anisodontea dissecta is 'n klein struikie wat deel van die Malvaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Bredasdorp tot by Kogmanskloof en Potberg voor. Die spesie het reeds 70% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Die totale bevolking word op minder as 250 plante geskat en dié plante word bedreig deur oorbeweiding.

Die spesie blom in September en is deel van die kusfynbos en -renosterveld.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

dissecta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika