José Diogo Dalot Teixeira (Portugese uitspraak: [diˈoɣu ðaˈlo]; gebore 18 Maart 1999) is ’n Portugese professionele sokkerspeler wat as ’n regter- of linkervleuelverdediger vir die Premierliga-klub Manchester United en die Portugese nasionale span speel.
Dalot is ’n produk van Porto se jeugstelsel en het in Januarie 2017 sy professionele debuut vir die klub se B-span gemaak. Hy het sy eerste-span-debuut in Oktober 2017 in ’n Taça de Portugal-wedstryd gespeel. Ná agt wedstryde vir Porto het hy in Junie 2018 by Manchester United aangesluit vir ’n berigte bedrag van £19 miljoen. Van Oktober 2020 tot Junie 2021 is hy aan die Italiaanse Serie A-klub AC Milan uitgeleen.
Op internasionale vlak het Dalot Portugal van o/15 tot o/21 verteenwoordig. Hy was deel van die Portugese o/17-span wat die UEFA Europese Onder-17-kampioenskap van 2016 gewen het. Hy het sy senior debuut vir Portugal tydens UEFA Euro 2020 gemaak.
Verwysings
Kategorie:Portugese sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1999 Kategorie:Lewende mense