Faëton (Engels: Phaeton; Grieks: Φαέθων) is 'n planeet wat deur die Wet van Titius-Bode gehipotetiseer word. Dit sou tussen die wentelbane van Mars en Jupiter gelê het en sy vernietiging sou gelei het tot die ontstaan van die asteroïedgordel (insluitend die dwergplaneet Ceres). Die hipotetiese planeet is Faëton genoem, na die seun van die songod Helios in die Griekse mitologie wat sy vader se strydwa 'n dag lank wou bestuur. Die uiteinde was rampspoedig en Faëton is eindelik deur Zeus gedood.

Faëton-hipotese thumb|220px|Die Val van Faëton, deur Johann Michael Franz.

Volgens die gehipotetiseerde Wet van Titius-Bode, wat in die 1700's voorgestel is om die afstand tussen die planete en die Son te verduidelik, sou 'n planeet eens tussen Mars en Jupiter kon bestaan het. Nadat hy uitgevind het van die volgorde wat deur die Duitse sterrekundige en wiskundige Johann Daniel Titius voorgestel is, het die sterrekundige Johann E. Bode 'n beroep gedoen dat daar na die vyfde planeet gesoek word wat ooreenstem met 'n gaping in die reeks. (1) Ceres, die grootste asteroïed in die asteroïedgordel (wat nou ook as 'n dwergplaneet beskou word) is toevallig in 1801 deur die Italiaan Giuseppe Piazzi ontdek, en daar is bevind sy posisie stem ooreen met die "leë" posisie in Titius en Bode se volgorde. Dus het baie mense geglo Ceres is die "vermiste planeet". In 1802 het die sterrekundige Heinrich Wilhelm Olbers die asteroïed (2) Pallas, 'n tweede voorwerp in rofweg dieselfde wentelbaan as Ceres, ontdek.

thumb|160px|links|Heinrich Olbers. Olbers het voorgestel dié twee ontdekkings is fragmente van 'n versteurde planeet wat voorheen om die Son gewentel het, en het voorspel dat nog stukke ontdek sou word. Die ontdekking van die asteroïede (3) Juno deur Karl Ludwig Harding and (4) Vesta deur Olbers, het dié hipotese 'n hupstoot gegee. In 1823 het die Duitse taalkundige Johann Gottlieb Radlof die verwoeste planeet Faëton genoem en dit so verbind met die Griekse mitologie.

in 1955 het Konstantin N. Sawtsjenko, 'n sterrekundige van Odesa, voorgestel dat Ceres, Pallas, Juno en Vesta nie fragmente van Faëton is nie, meer eerder sy voormalige mane. 'n Vyfde maan het daarna glo miljoene jare alleen om die Son gewentel. Dit het eindelik teen Faëton gebots en dit laat opbreek. Daarna het Ceres, Pallas, Juno en Vesta om die Son begin wentel.

Vandag glo die meeste sterrekundiges die asteroïede in die hoofgordel is oorblyfsels van 'n protoplanetêre skyf wat nooit 'n planeet gevorm het nie weens swaartekragsteurings deur Jupiter in die vormingsjare van die Sonnestelsel.

Verwysings

Bronne

, Records of meetings 1808–1916 in v. 11–27, p. 872.

Skakels J. Timothy Unruh, "Phaeton, The Lost Planet: An Ancient World that Perished," Planetary Papers Kevin O'Flynn, " Asteroid Could End World Monday," Asteroid News, 16 Desember 2000

Kategorie:Hipotetiese planete Kategorie:Sonnestelsel Kategorie:Asteroïede