Lizaan du Plessis (gebore 23 Februarie 1986) is ’n voormalige professionele tennisspeler van Suid-Afrika.

Du Plessis is in Somerset-Oos in die Oos-Kaap gebore en het in 2005 haar Fedbeker-debuut vir Suid-Afrika gemaak. Sy het altesaam in tien ontmoetings vir die span gespeel.

Sy het sewe titels op die ITF-vrouetoer gewen — een in enkelspel en ses in dubbels.

By die 2007 All-Africa Spele in Algiers het sy silwermedaljes in beide die enkel- en dubbelafdelings gewen.

Sy is die dogter van die voormalige rugbyspeler Willie du Plessis

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense