Die valssilwerrosyntjie (Grewia inaequilatera) is 'n struik of 'n boom wat deel is van die Malvaceae familie. Die spesie is inheems aan Botswana, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Limpopo en Mpumalanga en in Namibië slegs in die Kaprivistrook voor. Die spesie kan tot 7 m hoog word en blom in Januarie.
Die spesie se FSA-nommer is 460.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ en staan ook bekend as grootblaargeelrosyntjie en die treurboom.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor
inaequilatera Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe