Patricia Highsmith (gebore as Mary Patricia Plangman; 19 Januarie 1921 – 4 Februarie 1995) was 'n Amerikaanse romansier en kortverhaalskryfster wat bekend was vir haar sielkundige spanningsverhale, insluitende haar reeks van vyf romans wat wentel rondom die karakter Tom Ripley.
Tydens 'n loopbaan van byna vyf dekades het sy 22 romans en verskeie kortverhale geskryf, waarvan meer as twee dosyn verwerk is vir rolprent. Haar skryfwerk is beïnvloed deur eksistensialistiese literatuur, en bevraagteken begrippe van identiteit en populêre moraliteit. Die romansier Graham Greene het haar beskryf as "die digteres van angs en benoudheid".
Highsmith is in Fort Worth, Texas, gebore, en grootgemaak deur haar ouma aan moederskant. Sy is op sesjarige ouderdom na New York Stad geneem om by haar ma en stiefpa te woon. Nadat sy in 1942 aan Barnard College gegradueer het, het sy as skryfster vir strokiesprentboeke gewerk, terwyl sy haar eie kortverhale en romans in haar vrye tyd geskryf het.
Haar literêre deurbraak het gekom met die publikasie van haar eerste roman, Strangers on a Train (1950), wat in 1951 vir 'n gelyknamige rolprent verwerk is, met regie deur Alfred Hitchcock. Haar 1955-roman, The Talented Mr. Ripley, is goed ontvang in die Verenigde State en Europa, wat haar reputasie as 'n belangrike skryfster van sielkundige spanningsverhale verstewig het.
In 1963 het Highsmith na Engeland verhuis waar haar kritiese reputasie steeds gegroei het. Na die verbrokkeling van haar verhouding met 'n getroude Engelse vrou, het sy in 1967 na Frankryk verhuis, waar sy gepoog het om haar lewe te herbou. Haar boekverkope was gedurende die tyd hoër in Europa as in die Verenigde State. Haar agent het dit toegeskryf aan haar ondermyning van die gebruike van Amerikaanse misdaadfiksie.
Sy het in 1982 na Switserland verhuis, waar sy voortgegaan het om nuwe werk te publiseer, wat kritici toenemend verdeeld gelaat het. Die laaste jare van haar lewe is gekenmerk deur swak gesondheid, en sy is in 1995 in Switserland aan aplastiese bloedarmoede en longkanker oorlede.
The Times het soos volg oor Highsmith berig: "sy plaas die spanningsverhaal op 'n onaantasbare plek in die rangorde van fiksie." Haar tweede roman, The Price of Salt, wat in 1952 onder 'n skuilnaam gepubliseer is, was 'n baanbrekerswerk vir sy positiewe uitbeelding van lesbiese verhoudings en die optimistiese einde daarvan.
Romans duimnael|regs||Patricia Highsmith in 1988 Die romans wat handel oor die karakter Tom Ripley word apart gelys as die "Ripliade". Strangers on a Train (1950) The Price of Salt (1952) (as Claire Morgan) (in 1990 heruitgegee as Carol onder Highsmith se naam) The Blunderer (1954) Deep Water (1957) A Game for the Living (1958) This Sweet Sickness (1960) The Cry of the Owl (1962) The Two Faces of January (1964) The Glass Cell (1964) A Suspension of Mercy (1965) (gepubliseer as The Story-Teller in die Verenigde State) Those Who Walk Away (1967) The Tremor of Forgery (1969) A Dog's Ransom (1972) Edith's Diary (1977) People Who Knock on the Door (1983) Found in the Street (1986) Small g: a Summer Idyll (1995) Die "Ripliade" The Talented Mr. Ripley (1955) Ripley Under Ground (1970) Ripley's Game (1974) The Boy Who Followed Ripley (1980) Ripley Under Water (1991)
Verwerkings van Highsmith se werk Verskeie van Highsmith se werke is verwerk vir ander mediums; sommige meer as een keer.
Rolprent
1951: Strangers on a Train is verwerk vir die gelyknamige rolprent, met regie deur Alfred Hitchcock en vertolkings deur Farley Granger as Guy Haines, Robert Walker as Bruno Anthony, Ruth Roman as Anne Morton, Patricia Hitchcock as Barbara Morton en Laura Elliott as Miriam Joyce Haines. 1963: The Blunderer is verwerk vir die Franstalige rolprent Le meurtrier ("Die moordenaar"), met regie deur Claude Autant-Lara en vertolkings deur Maurice Ronet as Walter Saccard, Yvonne Furneaux as Clara Saccard, Gert Fröbe as Melchior Kimmel, Marina Vlady as Ellie en Robert Hossein as Corbi. In Engels staan dit bekend as Enough Rope. 1969: Strangers on a Train is verwerk as Once You Kiss a Stranger, met regie deur Robert Sparr en vertolkings deur Paul Burke as Jerry, Carol Lynley as Diana en Martha Hyer as Lee. 1977: This Sweet Sickness is verwerk vir die Franstalige rolprent Dites-lui que je l'aime, met regie deur Claude Miller en vertolkings deur Gérard Depardieu as David Martineau, Miou-Miou as Juliette, Dominique Laffin as Lise, en Jacques Denis as Gérard Dutilleux. In Engels staan dit bekend as This Sweet Sickness. 1978: The Glass Cell is verwerk vir die Duitstalige rolprent Die gläserne Zelle, met regie deur Hans W. Geißendörfer en vertolkings deur Brigitte Fossey as Lisa Braun, Helmut Griem as Phillip Braun, Dieter Laser as David Reinelt en Walter Kohut as Robert Lasky. 1981: Deep Water is verwerk vir die Franstalige rolprent Eaux profondes, met regie deur Michel Deville en vertolkings deur Isabelle Huppert as Melanie en Jean-Louis Trintignant as Vic Allen. 1983: Edith's Diary is verwerk vir die Duitstalige rolprent Ediths Tagebuch, met regie deur Hans W. Geißendörfer en met 'n vertolking deur Angela Winkler as Edith. 1986: The Two Faces of January is verwerk vir die Duitstalige rolprent Die zwei Gesichter des Januars, met regie deur Wolfgang Storch en vertolkings deur Charles Brauer as Chester McFarland, Yolanda Jilot as Colette McFarland en Thomas Schücke as Rydal Keener. 1987: The Cry of the Owl is verwerk vir die Franstalige rolprent Le cri du hibou, met regie deur Claude Chabrol en vertolkings deur Christophe Malavoy as Robert, Mathilda May as Juliette, Jacques Penot as Patrick en Virginie Thévenet as Véronique. 1987: Die filmweergawe van Strangers on a Train deur Alfred Hitchcock het as inspirasie gedien vir die Amerikaanse swart komedie-rolprent Throw Momma from the Train, met regie deur Danny DeVito. 1989: A Suspension of Mercy (ook bekend as The Story Teller) is verwerk vir die Duitstalige rolprent Der Geschichtenerzähler, met regie deur Rainer Boldt en vertolkings deur Udo Schenk as Nico Thomkins en Anke Sevenich as Helen Thomkins. 2009: The Cry of the Owl is verwerk vir die gelyknamige rolprent, met regie deur Jamie Thraves en vertolkings deur Paddy Considine as Robert Forester en Julia Stiles as Jenny Thierolf. 2014: The Two Faces of January is verwerk vir rolprent onder 'n gelyknamige titel. Die draaiboek en regie is deur Hossein Amini, met vertolkings deur Viggo Mortensen as Chester MacFarland, Kirsten Dunst as Colette MacFarland en Oscar Isaac as Rydal. Dit is uitgereik tydens die 64ste Berlynse Internasionale Rolprentfees. 2014: A Mighty Nice Man is verwerk vir kortfilm, met regie deur Jonathan Dee en met vertolkings deur Kylie McVey as Charlotte, Jacqueline Baum as Emilie, Kristen Connolly as Charlotte se Moeder en Billy Magnussen as Robbie. 2015: 'n Filmverwerking van The Price of Salt getiteld Carol, is geskryf deur Phyllis Nagy, met regie deur Todd Haynes, en met vertolkings deur Cate Blanchett as Carol Aird en Rooney Mara as Therese Belivet. 2016: The Blunderer is verwerk vir die rolprent A Kind of Murder, met regie deur Andy Goddard en met vertolkings deur Patrick Wilson as Walter Stackhouse, Jessica Biel as Clara Stackhouse, Haley Bennett as Ellie Briess en Eddie Marsan as Mitchell "Marty" Kimmel. 2022: Deep Water is weereens verwerk vir die gelyknamige rolprent (2022), met regie deur Adrian Lyne en met Ben Affleck en Ana de Armas in die hoofrolle.
"Ripliade" 1960: The Talented Mr. Ripley is verwerk vir die Franstalige rolprent Plein soleil (in Engels bekend as Purple Noon), alhoewel die titel in vertaalde vorm "Full Sun" moet lees). Die rolprent is geregisseer deur René Clément, met vertolkings deur Alain Delon as Tom Ripley, Maurice Ronet as Philippe Greenleaf en Marie Laforêt as Marge Duval. Beide Highsmith en die rolprentkritikus Roger Ebert het die draaiboek gekritiseer omdat dit die einde van die rolprent gewysig het om te verhoed dat Ripley ongestraf bly, soos in die roman. 1977: Ripley's Game (die derde roman in die reeks) en 'n "verhaalfragment" van Ripley Under Ground (die tweede roman in die reeks) is verwerk vir die Duitstalige rolprent Der Amerikanische Freund (The American Friend). Dit is geregisseer deur Wim Wenders, met Dennis Hopper as Ripley. Highsmith het aanvanklik haar afkeur ten opsigte van die rolprent uitgespreek, maar dit later stylvol gevind, alhoewel sy afkeurig was oor die wyse waarop Ripley vertolk is. 1999: The Talented Mr. Ripley is verwerk vir die gelyknamige Amerikaanse rolprent. Dit is geregisseer deur Anthony Minghella, met vertolkings deur Matt Damon as Ripley, Jude Law as Dickie Greenleaf en Gwyneth Paltrow as Marge Sherwood. 2002: Ripley's Game is verwerk vir die gelyknamige rolprent ('n Engelstalige Italiaanse produksie). Dit is geregisseer deur Liliana Cavani, met John Malkovich as Ripley, Chiara Caselli as Luisa Harari Ripley, Ray Winstone as Reeves Minot, Dougray Scott as Jonathan Trevanny en Lena Headey as Sarah Trevanny. Alhoewel kritici nie eenstemmig was in hul sienings nie, beskou Roger Ebert dit as die beste rolprent oor Ripley. 2005: Ripley Under Ground is verwerk vir 'n gelyknamige rolprent. Dit is geregisseer deur Roger Spottiswoode, met vertolkings deur Barry Pepper as Ripley, Jacinda Barrett as Héloïse Plisson-Ripley, Willem Dafoe as Neil Murchison en Tom Wilkinson as John Webster. 2024: Ripley is 'n Amerikaanse TV-reeks wat oorspronklik in 2019 aangevra is deur die TV-netwerk Showtime, met regie deur Steven Zaillian en met Andrew Scott as Tom Ripley. Ontwikkeling van die beperkte reeks is in 2023 na die internet-stromingsdiens Netflix verskuif, waar dit in 2024 gestroom is.
Televisie
1958: Strangers on a Train is verwerk deur Warner Brothers vir 'n episode van die TV-reeks 77 Sunset Strip. 1982: Tonele uit die Ripley-romans is gedramatiseer vir die episode A Gift for Murder van The South Bank Show, met Jonathan Kent as Tom Ripley. Die episode sluit 'n onderhoud in met Patricia Highsmith. 1983: Deep Water is verwerk vir 'n tweedelige minireeks vir Duitse televisie as Tiefe Wasser. Dit is geregisseer deur Franz Peter Wirth, met Peter Bongartz as Vic van Allen, Constanze Engelbrecht as Melinda van Allen, Reinhard Glemnitz as Dirk Weisberg, Raimund Harmstorf as Anton Kameter en Sky du Mont as Charley de Lisle. 1987: The Cry of the Owl is verwerk vir Duitse televisie as Der Schrei der Eule, met regie deur Tom Toelle en met vertolkings deur Matthias Habich as Robert Forster, Birgit Doll as Johanna Tierolf, Jacques Breuer as Karl Weick, Fritz Lichtenhahn as Inspektor Lippenholtz en Doris Kunstmann as Vicky. 1993: The Tremor of Forgery is verwerk vir die Duitse televisiefilm Trip nach Tunis. Dit is geregisseer deur Peter Goedel, met vertolkings deur David Hunt as Howard Ingham, Karen Sillas as Ina Pallant en John Seitz as Francis J. Adams. 1995: Little Tales of Misogyny is verwerk vir die Spaanse/Katalaanse televisiefilm Petits contes misògins, met regie deur Pere Sagristà en vertolkings deur Marta Pérez, Carme Pla, Mamen Duch en Míriam Iscla. 1996: Strangers on a Train is verwerk vir televisie onder die titel Once You Meet a Stranger, met regie deur Tommy Lee Wallace en met vertolkings deur Jacqueline Bisset as Sheila Gaines ("Guy"), Theresa Russell as Margo Anthony ("Bruno") en Celeste Holm as Clara. Die geslag van die twee hoofkarakters is van manlik na vroulik verander. 1996: A Dog's Ransom is verwerk vir die Franse televisiefilm La rançon du chien, met regie deur Peter Kassovitz en vertolkings deur François Négret as César, François Perrot as Edouard Raynaud, Daniel Prévost as Max Ducasse en Charlotte Valandrey as Sophie.
Toneel 1998: The Talented Mr. Ripley is verwerk vir die gelyknamige verhoogstuk deur die dramaturg Phyllis Nagy. Dit is in 2010 weer opgevoer. 2013: Strangers on a Train is verwerk vir die gelyknamige verhoogstuk deur die dramaturg Craig Warner.
Radio