Die T20I-vrouewêreldbeker 2026 (Engels: 2026 Women’s T20 World Cup) is van 12 Junie tot 5 Julie 2026 in Engeland beslis. Dit was die tiende T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die 2009-toernooi die tweede in Engeland. Daarmee het dit die eerste land geword wat twee keer as gasvroue opgetree het.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding is Die T20I-vrouewêreldbeker 2026 was die eerste toernooi met twaalf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne, teenoor die tien van die vorige ses T20I-vrouewêreldbekertoernooie. Die twaalf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne was: die ses regstreekse kwalifiseerders (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-vroueranglys soos op 20 Oktober 2024 (Pakistan en Sri Lanka) en die wenners van die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026 (Bangladesj, Ierland, Nederland en Skotland). Nederland het vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer en die altesaam vierde span van Europa geword wat vir dié toernooi kon kwalifiseer. Gevolglik was dit die eerste T20I-vrouewêreldbekertoernooi met vier Europese spanne en dit was ook die eerste internasionale vrouekriekettoernooi waaraan die vernaamste vier Europese spanne Engeland, Ierland, Nederland en Skotland saam deelgeneem het.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 is 33 wedstryde gespeel, waaronder 30 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-vrouevrouewêreldbeker 2026 het saam met die gasvroue van die 2028-toernooi regstreeks gekwalifiseer vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2028 in Pakistan. Daarbenewens het Australië, Groot-Brittanje (d.w.s. Engeland), Indië en Suid-Afrika as die beste spanne van hulle onderskeidelike vastelande regstreeks vir die Olimpiese Somerspele 2028 se kriekettoernooi in Los Angeles gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Wes-Indië geklop en Engeland vir Suid-Afrika, waardeur die twee vorige T20I-vrouewêreldkampioene Australië en Engeland mekaar vir die vierde keer in die eindstryd ontmoet het. Australië het die gasvroue Engeland in die eindstryd op Lord’s in Londen met sewe paaltjies verslaan en sodoende sy sewende T20I-vrouewêreldbekertitel ingepalm. Daarmee het Lord’s in Londen die eerste krieketstadion geword wat die T20I-vrouewêreldbekerwedstryd vir meer as een keer – ná die 2009-toernooi – gehuisves het. Beide Indië en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
Die T20I-vrouewêreldbeker 2026 was met altesaam 245 815 toeskouers die mees bygewoonde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in dié tyd. Met sowat 15 miljoen toeskouers was dit ook die mees gesiene T20I-vrouewêreldbekertoernooi in dié tyd in die Verenigde Koninkryk.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland in Julie 2022 as gasheer van die T20I-vrouewêreldbeker 2026 aangewys. Daarmee het dié land die eerste geword wat twee keer T20I-vrouewêreldbekertoernooie aangebied het.
Deelnemers Kwalifisering In Julie 2022 het die Internasionale Krieketraad die kwalifiseringsproses vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 bekendgemaak, waarvolgens vir die eerste keer twaalf spanne aan dié toernooi deelgeneem het. Die gasvroue Engeland het saam met die vyf beste spanne van die vorige 2024-toernooi regstreeks gekwalifiseer. Die twee oorblywende regstreekse kwalifiseringsplekke is deur die naasbeste spanne, wat nog nie gekwalifiseer het nie, op die T20I-vroueranglys soos op 20 Oktober 2024 bespreek. Die vier oorblywende plekke is tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026, waaraan die wenners van plaaslike kwalifiseringstoernooie deelgeneem het, beslis.
Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 gekwalifiseer: Australië, Indië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het as die vyf beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 almal saam met die gasvroue Engeland regstreeks gekwalifiseer. Pakistan en Sri Lanka het as naasbeste spanne op die T20I-vroueranglys soos op 20 Oktober 2024 gekwalifiseer, terwyl Bangladesj, Ierland, Nederland en Skotland tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026 hulle plekke bespreek het. Nederland het vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Gevolglik het vir die eerste keer vier Europese spanne aan ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi deelgeneem en dit was ook die eerste vrouekriekettoernooi waartydens die vier vernaamste Europese vrouekrieketspanne Engeland, Ierland, Nederland en Skotland saam verskyn het.
Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2026-kwalifisering; altesaam 53 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueTiende2024Kampioen (2009)RegstreeksTiende2024Kampioen (2010, 2012, 2014, 2018, 2020, 2023)Tiende2024Naaswenner (2020)Tiende2024Kampioen (2024)Tiende2024Naaswenner (2023, 2024)Tiende2024Kampioen (2016)T20I-vroueranglys op20 Oktober 2024Tiende2024Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024)Tiende2024Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024)T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2026Sewende2024Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024)Vyfde2023Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2023)Eerste –DebuutTweede2024Eerste rondte (2024)
Stadions In Mei 2025 het die Engelse en Walliese Krieketraad die stadions vir die T20I-vrouewêreldbeker 2026 bevestig. Die eindstryd is op Lord’s in Londen beslis, terwyl Old Trafford, Headingley, Edgbaston, Rose Bowl, The Oval en die Bristol-krieketveld ander wedstryde tydens die toernooi gehuisves het.
Birmingham, Wes-Midlands Bristol, City of Bristol Leeds, Wes-Yorkshire Edgbaston Bristol-krieketveld Headingley Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 18 350 200px 200px 200px Londen, Groter Londen Londen, Groter Londen Lord’s The Oval Kapasiteit: 31 100 Kapasiteit: 27 500 200px 200px Manchester, Groter Manchester Southampton, Hampshire Old Trafford Rose Bowl Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 25 000 200px 200px
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2026 is oor 24 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 33 wedstryde beslis. Dit het op 12 Junie 2026 op Edgbaston in Birmingham met die openingswedstryd tussen die gasvroue Engeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het op Lord’s in Londen op 5 Julie met die eindstryd tussen Australië en Engeland geëindig, waartydens Australië die die T20I-vrouewêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-vrouewêreldbeker 2026 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteJunieVr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Sa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 3
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseJunie/JulieMa29Di30Wo1Do2Vr3Sa4So5Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2026 is deur twaalf nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hulle onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2026-effek op 2028-kwalifisering Die agt beste spanne van die 2026-toernooi (saam met die 2028-gasvroue Pakistan) het regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2028 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.
Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 14 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik. Op 21 Junie 2026 moes Lauren Agenbag weens siekte aan die toernooi onttrek en sy is met Saleema Imtiaz vervang.
Skeidsregters Lauren Agenbag (Suid-Afrika) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Anna Harris (Engeland) Saleema Imtiaz (Pakistan) Shathira Jakir (Bangladesj) Narayanan Janani (Indië) Kerrin Klaaste (Suid-Afrika) Candace la Borde (Wes-Indië) Nimali Perera (Sri Lanka) Claire Polosak (Australië) Vrinda Rathi (Indië) Sue Redfern (Engeland) Eloise Sheridan (Australië) Jacqueline Williams (Wes-Indië) Gayathri Venugopalan (Indië)
Wedstrydbeamptes Trudy Anderson (Nieu-Seeland) Shandre Fritz (Suid-Afrika) G. S. Lakshmi (Indië) Michell Pereira (Sri Lanka)
Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2028.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2028.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die T20I-vrouewêreldbeker 2028 mis.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2028-kwalifisering. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase. Die groepe is op 15 Junie 2025 bekend gemaak. Op 24 Februarie 2026 is die volledige kalender bekend gemaak.
Eerste rondte Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die vier beste spanne van elke groep saam met die gasvroue Pakistan regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2028 gekwalifiseer het. Op 29 Junie 2026 het beide die Internasionale Krieketraad en die Internasionale Olimpiese Komitee bevestig dat Australië, Groot-Brittanje (d.w.s. Engeland), Indië en Suid-Afrika as die beste spanne van hulle onderskeidelike vastelande regstreeks vir die Olimpiese Somerspele 2028 se kriekettoernooi in Los Angeles gekwalifiseer het.
Groep A Span550010+3.88254108+0.63353206+1.71852304—0.71051402—1.87250500—3.276