Paul Maritz is ’n Suid-Afrikaanse skrywer en kommentator, voormalige leier by Solidariteit Jeug, direkteur van die burgerregte organisasie Free SA (Foundation for Rights of Expression and Equality), en mede-redakteur by die Afrikaanse aanlynpublikasie OntLaer. Hy is mede-outeur of mede-redakteur van verskeie boeke, onder meer Afrikanertoekoms 101 (2020), Die Christen en sy werk (2021) en Die Christen en sy eiendom (2024).

Vroeë lewe en opleiding Maritz het sy skoolloopbaan by Hoërskool Florida in Gauteng voltooi, waar hy onder meer as nasionale juniorwenner in die Wêreldkennis-olimpiade aangewys is.

Hy het daarna aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gestudeer, waar hy verskeie teologiese en geesteswetenskaplike kwalifikasies verwerf het (BTh Hons, MDiv, MTh, M.A.) en in 2016/17 as studenteraadvoorsitter van die Potchefstroom-kampus en as voorsitter van die institusionele studenteraad gedien het. Hy het ook ’n BSocSci-graad by Akademia voltooi.

Maritz is tans ’n eksterne PhD-kandidaat in die politieke filosofie aan die Universiteit Leiden.

Debatte en studenteleierskap As student was Maritz lid van die NWU se debatspan wat die nasionale ATKV-Universiteitedebat in 2014 gewen het.

Loopbaan Solidariteit Jeug Maritz het as koördineerder en later voorman/bestuurder van Solidariteit Jeug gedien, waar hy jeug- en loopbaaninisiatiewe help dryf het en publiek standpunt ingeneem het oor jeugbeleid en nie-rassigheid.

OntLaer Maritz is ’n mede-redakteur en bydraer by OntLaer, ’n Afrikaanse aanlyn sloernalistiekpublikasie wat in 2025 geloods is.

Free SA Sedert 2024/25 is hy ’n direkteur en soms woordvoerder by Free SA (Foundation for Rights of Expression and Equality).

Rubrieke en meningsartikels Benewens OntLaer publiseer Maritz meningswerk by onder meer BusinessLIVE, Politicsweb en die Acton-instituut se Religion & Liberty Online.

Publikasies Boeke en redaksiewerk

Flip Buys en Paul Maritz, Afrikanertoekoms 101: ’n vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners (Kraal Uitgewers, 2020). (reds.) Wikus Buys en Paul Maritz, Die Christen en sy werk: etiese aspekte in die werkplek (Kraal Uitgewers, 2021). (reds.) P. Maritz en W. Buys, Die Christen en sy eiendom (Kameelberg, 2024).

Geselekteerde artikels

BusinessLIVE: “The party over the people — the legacy of another decade of bailouts” (2025). Politicsweb: “The ANC’s Crisis of Idealessness—and the Road Back to Democratic Renewal” (2025). OntLaer: Verskeie menings- en analise-stukke (2025–).

Akademiese publikasies Maritz, P.J. (2024). "’n Mislukte kompromie? Die 1996-Grondwet onder spanning van die Nasionale Demokratiese Rewolusie". LitNet Akademies. 21 (1).

Maritz, P.J.; Venter, J. (2022). "A ‘radical reinterpretation’ of South African struggle mythology: from non-racialism to black nationalism". Commonwealth & Comparative Politics. 60 (4): 378–400.

Maritz, P.J.; Venter, J.C.M. (2021). "An Analysis of transformation in South Africa post 1994". Journal for Christian Scholarship / Tydskrif vir Christelike Wetenskap. 57 (1&2): 65–88.

Erkennings Nasionale juniorwenner: Wêreldkennis-olimpiade (Hoërskool Florida). Lid van die NWU-span wat die ATKV-Universiteitedebat (2014) gewen het. Abe Bailey Reisbeurs-houer (2016), Noordwes-Universiteit. Common Sense Society Europa Fellow (2022).

Sien ook OntLaer Solidariteit Noordwes-Universiteit

Verwysings

Eksterne skakels OntLaer – amptelike webwerf Free SA – amptelike webwerf Universiteit Leiden – personeelblad vir P.J. (Paulus) Maritz Religion & Liberty Online – outeursblad

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit Kategorie:Alumni van Akademia Kategorie:Alumni van die Universiteit Leiden Kategorie:Alumni van Hoërskool Florida