Paul Labile Pogba (gebore 15 Maart 1993) is ’n Franse sokkerspeler (middelveldspeler) van Guinese afkoms wat vir AS Monaco speel. Hy het ook die Franse nasionale span verteenwoordig.
Pogba het sy loopbaan in plaaslike klubbe in Parys begin voordat hy in 2007 na Le Havre verhuis het. Daar het hy twee jaar gespeel voordat hy in 2009 by Manchester United aangesluit het. Op 3 Julie 2012 het United se bestuurder, Sir Alex Ferguson, bevestig dat Pogba nie ’n nuwe kontrak onderteken het nie en het die klub verlaat om by Juventus aan te sluit. Na vier jaar by Juventus het hy in 2016 na Manchester United teruggekeer op ’n vyfjaar-kontrak vir ’n toen rekord-oordragfooi van €105 miljoen (£89,3 miljoen), plus €5 miljoen aan bonusse, waarmee hy die vorige rekordhouer, Gareth Bale, oortref het.
Met Manchester United het hy die EFL-beker in 2017 gewen en ook die Europa League, nadat hy een van die doele teen Ajax in die eindstryd in Stockholm aangeteken het.
Op 11 Julie 2022 het Juventus Pogba se terugkeer op ’n vyfjaar-kontrak aangekondig.
Op 11 September 2023 is Pogba voorlopig geskors van speel as gevolg van die mislukking van ’n dwelmtoets, nadat nie-endogene testosteroon in sy toetsuitslae gevind is ná ’n wedstryd teen Udinese op 20 Augustus. Die dwelmtoets is op 6 Oktober 2023 bevestig as ’n mislukking nadat ’n ander monster ook nie-endogene testosteroon bevat het. Op 29 Februarie 2024 het hy ’n vierjaar-skorsing vir doping van die Italiaanse Nasionale Anti-Dopingtribunaal ontvang, met die opsie om appèl aan die Hof van Arbitrasie vir Sport te doen. Op 4 Oktober is die skorsing tot 18 maande verminder.
Op 15 November 2024 het Juventus aangekondig dat hulle en Pogba tot ’n wedersydse ooreenkoms gekom het om sy kontrak te beëindig.
Op 28 Junie 2025 het Pogba ’n kontrak met Monaco onderteken tot 30 Junie 2027.
Pogba het die Franse jeugnasionale spanne op alle vlakke wat hy toegelaat is, verteenwoordig. Hy het in die o/16-, o/17-, o/18- en o/19-spanne gespeel. Hy het Frankryk se A-span by die Europese Sokkerkampioenskap in 2016 verteenwoordig. Twee jaar later het hy wêreldkampioen geword met Frankryk by die Wêreldbeker in Rusland, waar hy een van Frankryk se vier doele in die eindstryd teen Kroasië aangeteken het.
Verwysings
Kategorie:Franse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense