Frederik (Rudolph) van Dyk is ’n Suid-Afrikaanse prokureur en skrywer. Hy is ’n mede-stigter en mede-redakteur van die Afrikaanse sloernalistiek-publikasie OntLaer, ’n gereelde bydraer tot Netwerk24, en ’n mede-stigter van die studente-NRO StudentePlein.
Hy het BA (Regte), LLB en ’n LLM aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en het as sekretaris van die Stellenbosch-konvokasie se uitvoerende komitee gedien.
Vroeë lewe en opleiding Van Dyk het aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar hy BA (Regte), LLB en later ’n LLM voltooi het. Tydens sy nagraadse studie het hy as navorsingsassistent gewerk en as skrywer vir Netwerk24 begin bydra.
Loopbaan Van Dyk is 'n praktiserende prokureur. As regsmeningskrywer is hy dikwels oor taalregte en kampusbeleid aangehaal en het hy namens StudentePlein by die MRK-ondersoek oor Afrikaans by Maties getuienis gelewer.
OntLaer Saam met onder meer Paul Maritz is Van Dyk ’n mede-stigter en mede-redakteur van die Afrikaanse publikasie OntLaer. Hy publiseer gereeld meningsstukke op OntLaer en voer ook debat met skrywers op Netwerk24.
StudentePlein Van Dyk is deel van die stigtingspan van StudentePlein, ’n NRO wat akademiese en sosiale steun aan studente bied en taalregte op kampus bevorder. Die organisasie en Van Dyk is ook in media-dekking oor die MRK-ondersoek na SU se taalpraktyke genoem.
Publikasies (seleksie) Akademiese artikels
Konferensie
Joernalistiek en menings Verskeie opinie- en kommentaarartikels op Netwerk24 sedert 2019.
Konvokasie by Stellenbosch Van Dyk het in 2023 as sekretaris van die Universiteit Stellenbosch se konvokasie-uitvoerende komitee gedien.
Eksterne skakels (ORCID) (OntLaer – About) (De Rebus-artikel met skrywersbio)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch Kategorie:Lewende mense