Die T20I-vrouewêreldbeker 2028 (Engels: 2028 Women’s T20 World Cup; Oerdoe: آئی سی سی خواتین ٹی20 عالمی کپ 2028ء) sal in 2028 in Pakistan beslis word. Dit sal die elfde T20I-vrouewêreldbekertoernooi in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Pakistan. Daarbenewens sal dit die eerste internasionale vrouekriekettoernooi wees wat in Pakistan beslis word.
duimnael|links|Die T20I-vrouewêreldbekertrofee waarom meegeding sal word Die toernooi se formaat van 2026 sal onveranderd bly en twaalf nasionale vrouekrieketspanne sal aan die T20I-vrouewêreldbeker 2028 deelneem. Die twaalf deelnemende nasionale vrouekrieketspanne sal wees: die agt regstreekse kwalifiseerders (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die naasbeste span op die T20I-vroueranglys soos op 6 Julie 2026 (Ierland) en die wenners van die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2028.
Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2028 sal 33 wedstryde gespeel word, waaronder 30 in die eerste rondte en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne sal in twee groepe van ses spanne elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep sal speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer, waarvan die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-vrouevrouewêreldbeker 2028 sal saam met die gasvroue van die 2030-toernooi regstreeks kwalifiseer vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2030.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Pakistan in Desember 2024 as gasheer van die T20I-vrouewêreldbeker 2028 aangewys. Dié besluit is geneem as vergoeding vir die Pakistanse Krieketraad se finansiële verlies weens Indië se weiering om sy wedstryde tydens die Kampioenetrofee 2025 in Pakistan te speel.
Deelnemers Aan die T20I-vrouewêreldbeker 2028 sal twaalf spanne kan deelneem. Die gasvroue Pakistan het saam met die agt beste spanne van die vorige 2026-toernooi regstreeks gekwalifiseer. Die oorblywende regstreekse kwalifiseringsplek is deur die naasbeste span, wat nog nie gekwalifiseer het nie, op die T20I-vroueranglys soos op 6 Julie 2026 bespreek. Die twee oorblywende plekke sal tydens die T20I-vrouewêreldbekerkwalifisering 2028, waaraan die wenners van plaaslike kwalifiseringstoernooie sal deelneem, beslis word.
Die volgende tien spanne het vir die T20I-vrouewêreldbeker 2028 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as die agt beste spanne van die T20I-vrouewêreldbeker 2026 almal saam met die gasvroue Pakistan regstreeks gekwalifiseer. Ierland het as naasbeste span op die T20I-vroueranglys soos op 6 Julie 2026 gekwalifiseer.
Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-vrouewêreldbeker 2028-kwalifisering. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueElfde2026Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024, 2026)RegstreeksElfde2026Kampioen (2010, 2012, 2014, 2018, 2020, 2023, 2026)Agtste2026Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024, 2026)Elfde2026Kampioen (2009)Elfde2026Naaswenner (2020)Elfde2026Kampioen (2024)Elfde2026Eerste rondte (2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024, 2026)Elfde2026Naaswenner (2023, 2024)Elfde2026Kampioen (2016)T20I-vroueranglys op6 Julie 2026Sesde2026Eerste rondte (2014, 2016, 2018, 2023, 2026)
Formaat Die T20I-vrouewêreldbeker 2028 sal tussen twaalf verskillende spanne oor 33 wedstryde beslis word. Dit sal met die openingswedstryd begin. Die toernooi sal met die eindstryd eindig, waartydens die wenner die T20I-vrouewêreldbekertrofee sal inpalm. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 gebruik.
Eerste rondte Die T20I-vrouewêreldbeker 2028 sal deur twaalf nasionale vrouekrieketspanne beslis word. Vir die eerste rondte sal die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vier wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aanteken), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde sal bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.
2028-effek op 2030-kwalifisering Die agt beste spanne van die 2028-toernooi (saam met die 2030-gasvroue) sal regstreeks vir die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2030 kwalifiseer.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase én regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2030.Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2030.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die T20I-vrouewêreldbeker 2030 mis.Gerelegeer na die T20I-vrouewêreldbeker 2030-kwalifisering. Die wedstryde sal in twee fases opgedeel word, naamlik die eerste rondte en die uitklopfase.
Eerste rondte Twaalf spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring, terwyl die vier beste spanne van elke groep saam met die gasvroue regstreeks vir die T20I-vrouewêreldbeker 2030 sal kwalifiseer.
Groep A Spann.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—
Groep B Spann.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—n.v.t.00000—
Uitklopfase Die uitklopfase sal uit twee halfeindstryde bestaan, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd sal ontmoet.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-vrouewêreldkampioen 2028Eindstrydwenner
Sien ook
T20I-wêreldbeker 2028
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Krieketkompetisies in Pakistan 2028 Kategorie:Sport in 2028