Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 (Engels: 2017 Women’s Cricket World Cup) is van 24 Junie tot 23 Julie 2017 in Engeland beslis. Dit was die elfde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) en die derde wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Daarbenewens was dit ná die 1973- en 1993-toernooie die derde in Engeland.
duimnael|links|upright|Die Vrouekrieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika geklop en Indië vir Australië, waardeur vir die eerste keer Engeland en Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die gasvroue Engeland het Indië in die eindstryd op Lord’s in Londen met nege lopies verslaan en sodoende sy vierde vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 was die eerste waaraan uitsluitlik professionele spelers deelgeneem het.
Deelnemers Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 deelgeneem. Die vier beste spanne van die Vrouekampioenskap 2014–16 – Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Wes-Indië – het almal regstreeks gekwalifiseer. Indië, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het tydens die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2017 gekwalifiseer.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 23 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueElfde2013Kampioen (1973, 1993, 2009)Vrouekampioenskap 2014–16Elfde2013Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997, 2005, 2013)Elfde2013Kampioen (2000)Sesde2013Naaswenner (2013)Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2017Negende2013Naaswenner (2005)Vierde2013Sesde plek (2009)Sesde2013Vyfde plek (2013)Sesde2013Halfeindrondte (2000)
Stadions Tydens die toernooi is vyf Engelse stadions gebruik. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 gespeel, waaronder die eindstryd.
Londen Derby Bristol Lord’s County-krieketveld Bristol-krieketveld Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 9 500 Kapasiteit: 17 500 200px 200px 200px Leicester Taunton Grace Road County-krieketveld Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 12 500 200px 200px
Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 is oor 30 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 24 Junie 2017 met twee gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op 23 Julie op Lord’s in Londen met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Engeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunie/JulieSa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa1So2Ma3Di4Wo5Do6Vr7Sa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Groepfase | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 4
| bgcolor=#c364f3| 3 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 3
| bgcolor=#c364f3| 4 |UitklopfaseJulieMa17Di18Wo19Do20Vr21Sa22So23Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1
Verklaring
Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne het na die halfeindrondte deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.
Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Gregory Brathwaite (Wes-Indië) Chris Brown (Nieu-Seeland) Anil Chaudhary (Indië) Kathy Cross (Nieu-Seeland) Shaun George (Suid-Afrika) Adrian Holdstock (Suid-Afrika) Claire Polosak (Australië) Ahsan Raza (Pakistan) Sue Redfern (Engeland) Langton Rusere (Zimbabwe) Sharfuddoula (Bangladesj) Jacqueline Williams (Wes-Indië) Paul Wilson (Australië)
Wedstrydbeamptes Steve Bernard (Australië) David Jukes (Engeland) Richie Richardson (Wes-Indië)
Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring. Span7610+1.295127610+1.004127520+0.669107421+1.18397331+0.30977250–1.52247160–1.09927070–1.9300
Uitklopfase duimnael|Halfeindstryd Australië teen Indië op 20 Julie
Halfeindrondte
Eindstryd
Vrouekrieketwêreldkampioen 2017
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2017.
duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2017: RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 8 0 1 2414 1927 +487 — 14 2 – 9 6 0 3 2017 1771 +246 — 12 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 8 6 0 2 1974 1787 +187 — 12 4 – 8 4 1 3 1368 1376 –8 — 9 In die groepfase uitgeskakel 5 – 7 3 3 1 994 1251 –257 +0.309 7 6 – 7 2 0 5 1227 1112 –115 –1.522 4 7 – 7 1 0 6 1369 1428 –59 –1.099 2 8 – 7 0 0 7 985 1696 –711 –1.930 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Tammy Beaumont 410 2 Mithali Raj 409 3 Ellyse Perry 404 4 Sarah Taylor 396 5 Punam Raut 381 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Dane van Niekerk 15 2 Marizanne Kapp 13 3 Kristen Beams 12 Anya Shrubsole Deepti Sharma
Sien ook
Vrouerugbywêreldbeker 2017
Verwysings
Eksterne skakels
2017 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 2017 Kategorie:Sport in 2017