Georgina Juliana "Gina" Duimpies is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Augustus 2025 as die burgemeester van die Beaufort-Wes Plaaslike Munisipaliteit dien. Sy is in Junie 2024 as die raadslid vir wyk 3 van die munisipaliteit verkies. Duimpies is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Lewensloop Duimpies was vir 30 jaar lank 'n polisiekaptein in Beaufort-Wes. Sy is al vir meer as dertig jaar getroud en het drie kinders.
Diumpies is tydens 'n tussenverkiesing in Junie 2024 as die wyskraadslid vir wyk 3 van die Beaufort-Wes Plaaslike Munisipaliteit verkies. Sy is kort daarna in Julie 2024 as die onderburgemeester van die munisipaliteit verkies.
Duimpies is tydens 'n raadsitting op 31 August 2025 as die nuwe burgemeester van Beaufort-Wes verkies. Sy is die munisipaliteit se agtste burgemeester sedert die munisipale verkiesings in 2021.
Tydens ’n perskonferensie op 5 Februarie 2026 het die DA Duimpies as hul burgemeesterskandidaat vir Beaufort-Wes in die komende plaaslike munisipale verkiesings benoem. Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters