John Brownlee (*Wishaw, Lanarkshire, Skotland, 1 Mei 1879 - †King William’s Town, Desember 1871) was ‘n sendeling vir die Londense Sendinggenootskap, kenner van die Xhosa-taal en stigter van die dorp vandag bekend as Qonce.
Brownlee arriveer in Kaapstad in Januarie 1817 in die geselskap van ‘n groep sendelinge waarvan Robert Moffat ook deel was. Aanvanklik werk hy onder die Khoikhoi in die omgewing van Swellendam. Op 5 April 1818 trou het met ‘n Afrikanermeisie van die omgewing genaamd Christina de Jager.
Op versoek van Charles Somerset is hy van 1820 tot 1825 die regeringsverteenwoordiger in die vallei van die Tjumirivier in Brits-Kaffraria. Van 1825 tot sy aftrede is hy weer sendeling, aanvanklik weer vir die Londense Sendinggenootskap, maar van 1838 tot sy aftrede in 1867 vir die Glasgow-sendinggenootskap. Hy vestig hom op die oostelike oerwer van die Buffelsrivier onder Tzatzoe se mense. Tydens die Sesde Grensoorlog sowel as die Sewende Grensoorlog moes Brownlee vlug omdat Tzatzoe hom nie beskerm het nie. Na biede oorloë het Brownlee na sy sendingstasie teruggekeer, sy werk hervat en voortgegaan met die vertaling van die Nuwe Testament in Xhosa.
Persoon Jan Tzatzoe (Tshatsu), (*Iqonci, ±1791 - †King William’s Town, 28 Februarie 1868), hoofman van die Amantinde-stam, die kleinste en ondergeskikte Xhosa-stam
Kategorie:Suid-Afrikaanse sendelinge