Die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 (Engels: 2022 Women’s Cricket World Cup) is van 4 Maart tot 3 April 2022 in Nieu-Seeland beslis. Dit was die twaalfde vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) en die vierde wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Daarbenewens was dit ná die 1982- en 2000-toernooie die derde in Nieu-Seeland. Oorspronklik sou die toernooi van 30 Januarie tot 20 Februarie 2021 gehou word, maar dit is in Augustus 2020 vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie eers na Februarie en Maart 2022 uitgestel en toe na die uiteindelike datums verskuif. Saam met die Vrouerugbywêreldbeker 2021 en die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 (saam met Australië) was dit een van drie vername vrouewêreldbekertoernooie wat Nieu-Seeland binne drie jaar aangebied het; al drie behoort tot die gewildste en suksesvolste vrouesportsoorte in dié land.

duimnael|links|upright|Die Vrouekrieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2017 het onveranderd gebly en agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Suid-Afrika en Wes-Indië. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Engeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Wes-Indië en Engeland het Suid-Afrika geklop, waardeur die twee vorige vrouekrieketwêreldkampioene Australië en Engeland mekaar vir die derde keer in die eindstryd ontmoet het. Australië het die verdedigende kampioen Engeland in die eindstryd op die Hagley-ovaal in Christchurch met 71 lopies verslaan en sodoende sy sewende vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm. Die gasvroue Nieu-Seeland is in die groepfase uitgeskakel. Bangladesj het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing Die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 was saam met die Vrouerugbywêreldbeker 2021 en die Vrouesokkerwêreldbeker 2023 (saam met Australië) een van drie vername vrouewêreldbekertoernooie wat Nieu-Seeland binne drie jaar aangebied het; al drie behoort tot die gewildste en suksesvolste vrouesportsoorte in dié land. Nadat beide die Vrouekrieketwêreldbeker en die Vrouerugbywêreldbeker weens die wêreldwye Covid-19-pandemie met een jaar uitgestel moes word, is al drie die toernooie binne een-en-'n-half jaar beslis. Gevolglik is beide die Vrouekrieket- en die Vrouerubgywêreldbeker in dieselfde jaar in Nieu-Seeland gehou.

Deelnemers Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 deelgeneem. Die kwalifisering het uit twee dele bestaan. Van Oktober 2017 tot Maart 2020 is die Vrouekampioenskap 2017–20 tussen agt spanne beslis, waarvan die vier beste spanne vir die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 gekwalifiseer het. Dit was ’n verandering aan die oorspronklike skedule, waarvolgens slegs drie spanne van dié toernooi sou kon kwalifiseer. Daarbenewens was die gasvroue Nieu-Seeland regstreeks gekwalifiseer. Die drie verslane spanne, die twee spanne met EDI-status (Bangladesj en Ierland), asook vyf plaaslike kwalifiseerders sou tydens die Vrouekrieketwêreldbekerkwalifisering 2021 in Zimbabwe die drie oorblywende plekke beslis. Dié toernooi is egter ná die ontdekking van die Covid-19 se Omikron-variant in Suid-Afrika afgelas en gevolglik is die plekke volgens die EDI-ranglys bepaal. Bangladesj het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam agt spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueTwaalfde2017Kampioen (2000)Vrouekampioenskap 2017–20Twaalfde2017Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997, 2005, 2013)Twaalfde2017Kampioen (1973, 1993, 2009, 2017)Tiende2017Naaswenner (2005, 2017)Sewende2017Halfeindrondte (2000, 2017)EDI-ranglysEerste –DebuutVyfde2017Sesde plek (2009)Sewende2017Naaswenner (2013)

Stadions Tydens die toernooi is ses Nieu-Seelandse stadions gebruik. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 gespeel, waaronder die eindstryd.

Christchurch Auckland Mount Maunganui Hagley-ovaal Edenpark Bay-ovaal Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 10 000 200px 200px 200px Hamilton Wellington Dunedin Seddonpark Basin Reserve Universiteit van Otago-ovaal Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 11 600 Kapasiteit: 3 500 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 is oor 30 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 4 Maart 2022 op die Bay-ovaal in Mount Maunganui met die openingswedstryd tussen die gasvroue Nieu-Seeland en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op 3 April op die Hagley-ovaal in Christchurch met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMaart/AprilVr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Vr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groepfase | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseMaart/AprilMa28Di29Wo30Do31Vr1Sa2So3Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1

Verklaring

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Lauren Agenbag (Suid-Afrika) Kim Cotton (Nieu-Seeland) Ahmed Shah Pakteen (Afghanistan) Ruchira Palliyaguruge (Sri Lanka) Claire Polosak (Australië) Sue Redfern (Engeland) Langton Rusere (Zimbabwe) Sharfuddoula (Bangladesj) Eloise Sheridan (Australië) Alex Wharf (Engeland) Jacqueline Williams (Wes-Indië) Paul Wilson (Australië)

Wedstrydbeamptes Gary Baxter (Nieu-Seeland) Shandre Fritz (Suid-Afrika) G. S. Lakshmi (Indië)

Spanne Elke land het 15 spelers vir die toernooi gekies.

Groepfase Die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne het na die halfeindrondte deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase duimnael|Die president van die Nieu-Seelandse Nasionale Olimpiese Komitee, Liz Dawson, en die goewerneur-generaal, Cindy Kiro, met ’n kolf wat deur die kapteins van die agt deelnemende spanne geteken is Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring. Span7700+1.283147511+0.078117430+0.94987331–0.88577340+0.64267340+0.02767160–0.99927160–1.3132

Uitklopfase

Halfeindrondte

Eindstryd

Vrouekrieketwêreldkampioen 2022

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2022.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2022: RangSpanGroep Finaliste 1 – 9 9 0 0 2253 1863 +390 — 18 2 – 9 5 0 4 2010 1859 +151 — 10 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 8 5 1 2 1658 1694 –36 — 11 4 – 8 3 1 2 1154 1515 –361 — 7 In die groepfase uitgeskakel 5 – 7 3 0 4 1673 1369 +304 +0.642 6 6 – 7 3 0 4 1484 1493 –9 +0.027 6 7 – 7 1 0 6 1073 1315 –242 –0.999 2 8 – 7 1 0 6 1158 1355 –197 –1.313 2

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Alyssa Healy 509 2 Rachael Haynes 497 3 Natalie Sciver-Brunt 436 4 Laura Wolvaardt 433 5 Meg Lanning 394 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Sophie Ecclestone 21 2 Shabnim Ismail 14 3 Jess Jonassen 13 4 Alana King 12 Marizanne Kapp Ayabonga Khaka

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

2022 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Krieketkompetisies in Nieu-Seeland 2022 Kategorie:Sport in 2022