Die Catalogue of Life (CoL) is 'n aanlyn databasis wat 'n indeks van bekende spesies diere, plante, swamme en mikroörganismes verskaf. Dit is in 2001 geskep as 'n vennootskap tussen die wêreldwye Species 2000 en die Amerikaanse Integrated Taxonomic Information System. Die Katalogus word gebruik deur navorsingswetenskaplikes, burgerwetenskaplikes, opvoeders en beleidmakers. Die Catalogue word ook gebruik deur die Biodiversity Heritage Library, die Barcode of Life Data System, Encyclopedia of Life, en die Global Biodiversity Information Facility. Die Katalogus stel tans data saam uit 165 eweknie-geëvalueerde taksonomiese databasisse wat deur spesialisinstellings regoor die wêreld onderhou word. Sedert September 2022 lys die COL Checklist 2,067,951 van die wêreld se 2.2m bestaande spesies tans bekend aan taksonomiste.
Sien ook ARKive Encyclopedia of Life Global Biodiversity Information Facility Integrated Taxonomic Information System Wikispecies World Register of Marine Species
Verwysings
Kategorie:Taksonomie Kategorie:Webwerwe