Stephen Korabie is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert April 2024 as die uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit in die Kaapse Wynlande dien. Hy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie. Biografie Korabie is in Wellington gebore en het daar grootgeword. Hy het aanvanklik die Pauw Gedenk Primêre Skool voordat hy aan die Bergrivier Sekondêre Skool in Wellington gematrikuleer het. Hy het daarna 'n BA-graad en 'n BA-honneursgraad in kriminologie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal voordat hy 'n meestersgraad in openbare administrasie aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Hy het in 1977 as 'n korrektiewe beampte begin werk voordat hy in 1999 as die streekkommissaris in die Wes-Kaap aangewys is. Politieke loopbaan Korabie is in 2022 as 'n DA-raadslid in beide die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit ingehuldig.
Nadat Conrad Poole as die burgemeester van die Drakenstein tydens 'n mosie van wantroue in Februarie 2024 verwyder is, het die DA vir Korabie as hul kandidaat vir die daaropvolgende burgemeestersverkiesing benoem. Korabie is tydens 'n spesiaal raadsvergadering by die Wellington-stadsaal op 5 April 2024 as die uitvoerende burgemeester van die Drakenstein verkies nadat hy 36 uit die 63 stemme ontvang het. Sy mededinger, Keagen Gertse, die hoofsweep van die GOOD-party in die raad, het maar net 27 stemme ontvang.
Korabie het in Junie 2024 sy burgemeesterskomitee aangewys. Hy het agt raadslede wat in Poole se burgemeesterskomitee gedien het, heraangestel.
Verwysings
Eksterne skakels Executive Mayor Profile – Drakenstein Local Municipality
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters