Herman Bailey was 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tussen 1995 en 2000 as die burgemeester van Wellington gedien het. Hy is in 2000 as die onderburgemeester van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit verkies waarna hy in 2002 as die burgemeester verkies is. Lewensloop Bailey is na die munisipale verkiesing in 1995 as die burgemeester van Wellington verkies. Hy is 'n jaar daarna as die "Wellingtonner van die Jaar" aangewys.
Na die munisipale verkiesing van 2000 is Bailey as 'n raadslid van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit vir die Alliance for the Community-party verkies. Hy is daarna as die onderburgemeester aangewys nadat die DA 'n koalisie met die AFC gevorm het. Bailey is in 2002 as burgemeester verkies. In 2004 het hy by die ANC aangesluit en vir die res van sy termyn as burgemeester as 'n ANC-lid gedien.
Buite die politiek, het Bailey op verskeie direksies gedien, onder meer dié direksies van die FW de Klerk-stigting, die SAUK en die Universiteit Stellenbosch. Hy was vir 18 jaar lank lid van die ATKV-direksie. Bailey was ook die voorsitter van Biblionef SA en Operation Hope SA. Afsterwe Bailey is op die ouderdom van 70 op 23 Julie 2021 van Covid-19 in Wellington oorlede. Sy vrou, Carol, is reeds in 2018 oorlede. Die egpaar het vier seuns gehad. Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Suid-Afrikaanse burgemeesters Kategorie:Politici van die African National Congress