Magaliesburg is 'n dorp in die weste van Gauteng, Suid-Afrika. Die dorpie is onder die Witwatersrand-bergreeks geleë, maar die Magaliesberg is na die noordekant sigbaar. Dit is vernoem na Mogale, hoofman van die Po wat in die gebied gewoon het toe die Voortrekkers in die vroeë 1800's hier aangekom het.
Distrik Die dorp en omgewing is 'n gewilde vakansie- en naweek-bestemming vir inwoners van Pretoria en Johannesburg. Die dorp word deur talle vakansie-plekkies aan die voet van die Magaliesberg omring wat geleentheid vir ontsnapping aan stedelinge bied. Spesiale stoomtreine word per geleentheid vanaf Johannesburg gereël. Die kransaasvoël broei ook in die Magaliesberg.
Naas toerisme is landbou die distrik se vernaamste ekonomiese aktiwiteit. Tabak, sitrus en verskeie ander subtropiese vrugte word in die gebied verbou. Dit is ook bekend vir etlike pluimveeplase rondom die dorp.
Die oudste myn in Gauteng is in Magaliesburg geleë. Goud is meer as 100 jaar gelede by die Blaauwbank-myn ontdek.
Die Magalies Gliding Club is net buite die dorp.
Onderwys Die skole in Magaliesburg sluit in: Hoërskool Bekker
Fotogalery
Sien ook Gereformeerde kerk Magaliesburg Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Magaliesburg
Verwysings
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995.
Kategorie:Nedersettings in Gauteng