Sannieshof is 'n dorp geleë in Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis In 1920 het die dorp begin as 'n poskantoor vir die plaaslike boere. Sannieshof is vernoem na die eerste posmeester Johan Voorendijk se vrou Sannie, maar in 1928 is die dorp hernoem na Tielman Roos, 'n parlementslid van Lichtenburg. Die naam Roosville het nie byval gevind by die plaaslike gemeenskap nie en die oorspronklike naam is weer in 1952 herstel.

Geografie en klimaat Die dorp lê 1 389 meter bo seevlak. Die N14 nasionale pad gaan deur die dorp.

Sien ook Gereformeerde kerk Sannieshof NG gemeente Sannieshof Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes