Hierdie artikel handel oor die Afrika-stad. Vir die musiekgroep, sien Benguela (musiekgroep).

São Felipe de Benguela, meer bekend as net Benguela (vroeër Benguella), is 'n groot hawestad in die weste van Angola, suid van Luanda in Suider-Afrika. Die stad het 'n bevolking van 513 000 en 'n oppervlakte van 2 100 km² (810,8 myl²). Benguela is ook die hoofstad van die Benguela-provinsie, en was voor 1975 (onafhanklikheid) Benguella genoem.

Die Benguelastroom is na die stad vernoem.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Angola