duimnael|Sluipmoordpoging op dr. Verwoerd tydens die Randse Paasskou in April 1960.

Hierdie is 'n onvolledige lys van mense wat dood is in sluipmoord-aanvalle, of wat vermoor is, in Suid-Afrika.

Shaka, (1828), koning van die Zoeloes, naby Stanger (nou KwaDukuza) deur sy broers Dingaan en Umthlangana, met die hulp van Mbopa. Umthlangana, (1828), Zoeloeprins, doodgesteek deur Dingane kort na Shaka se moord. Dingane, (1840), Zoeloekoning, doodgesteek tydens 'n militêre ekspedisie in die Hlatikhulu-woud deur Zulu Nyawo, Sambane en Nondawana. Hendrik Verwoerd, (1966), Eerste Minister van Suid-Afrika, doodgesteek in die volksraad deur Dimitri Tsafendas. Onkgopotse Tiro, (1974), Suid-Afrikaanse studenteleier. Ruth First, (1982), anti-apartheid geleerde en vrou van die Kommunistepartyleier Joe Slovo, deur die pro-apartheid "Buro vir Burgerlike Samewerking" lid Craig Williamson. Vernon Nkadimeng, (1985), Suid-Afrikaanse dissident. Dulcie September, (1988), hoof van die African National Congress in Parys, deur die Suid-Afrikaanse Weermagsersant Joseph Klue. David Webster, (1989), sosiale antropoloog en anti-apartheid aktivis. Chris Hani, (1993), leier van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party. Johan Heyns, (1994), prominente leier van die Nederduits Gereformeerde Kerk. Marike de Klerk, (2001), voormalige eggenote van oud-president F.W. de Klerk. Taliep Petersen, (2006), Kaapse sanger, komponis en regisseur. Eugène Terre'Blanche, vermoor in sy slaap op 3 April 2010. Anni Dewani (née Hindocha; 13 November 2010), geskiet tydens haar wittebrood in 'n taxi in Lingelethu-Wes.

Kategorie:Moord in Suid-Afrika Kategorie:Sluipmoord