Johan Adam Heyns (27 Mei 1928 – 5 November 1994), was 'n invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Hy is vermoor in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria. Alhoewel sy moord nooit amptelik opgelos is nie, word dit algemeen aanvaarMonitoring The Transition To Democracy In South Africa, deur die United Nations Commission on Human Rights, Januarie 16, 1995 – paragraaf 78 dat dit direk verwant was tot sy fel kritiek teen apartheid. Nelson Mandela het aan hom hulde gebring as 'n martelaar vir sy landAddress by President Nelson Mandela to the Constitutional Assembly , Kaapstad, Mei 8, 1996 en 'n kryger vir vrede.Anti-Apartheid Minister Shot Dead in Pretoria, The New York Times, November 7, 1994

Vroeë lewe Johan Adam Heyns is gebore op die plaas Bloemkraal te Tweeling in die Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika.

Johan se ouers was Flip en Maria Heyns. Flip was een van 13 kinders en hy wou graag ’n sendeling word, maar omdat daar nie geld was daarvoor nie, het hy saam met sy pa geboer. Maria was die dogter van Gert Beukes. Hy het ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) as banneling van St. Helena af na Suid-Afrika teruggekeer.

Die plaashuis waarin Flip en Maria Heyns gewoon het, was ’n huis wat tydens die ABO bestaan het en nog brandmerke van die oorlog gehad het. Flip en Maria het ook twee dogters gehad, Christina Heyns (later Veldsman) en Ria Heyns (later Bosman).

Toe sy en Flip getroud is, het Maria aan die Here ’n belofte gemaak. As Hy vir haar ’n seun sou gee, sou sy die seun in diens van die Here grootmaak. Sy hét toe ’n seun gekry – Johan Heyns. Eers nadat hy ’n predikant geword het, het sy hom van haar belofte aan die Here vertel.

Johan het self vertel dat hy altyd graag ’n predikant wou word. Hy wou nie ’n onderwyser word of saam met sy pa op die plaas boer nie. Later in sy lewe het hy besef dat sy ma se optrede baie met sy roeping en dit waarin hy geglo het, te doen gehad het. Sy geaardheid was ook baie dieselfde as dié van sy ma. Hulle albei kon sterk en besliste standpunte inneem.JA Heyns en die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Apartheid PhD tesis deur Henry Hofmeyr Williams, pp. 1-6

Om 'n Afrikaner te wees was iets wat Heyns na aan die hart gelê het sedert sy skooldae. Sy toetrede tot die politiek het vroeg reeds begin en hy het 'n leier van 'n jeuggroep in die Ossewabrandwag geword toe hy op laerskool was. (Tydens vakansies het hy vergaderinge gehou en toesprake gelewer – 'n aktiwiteit wat deur die hoofmeester gestaak is.) Alhoewel sy vader die leier van die plaaslike Nasionale Party was en Johan 'n belangstelling in politiek gehad het, het hy egter nooit by die heersende party aangesluit nie. Alhoewel hy 'n sterk pro-nasionale standpunt gehuldig het, was sy sieninge getemper deur sy vermoë om 'n unieke kritiese perspektief te handhaaf – 'n eienskap wat later 'n kenmerk van sy werk sou word.

Sy familie het tydens sy hoërskooljare na Potchefstroom verhuis en 'n losieshuis aldaar bedryf. Sy liefde vir die Bybel en sy geloof in God het verskeie teologiestudente, wat tuisgegaan het aan die Heyns-woning, opgeval. Op skool was Heyns 'n gemiddelde student, en het weinig belangstelling in die ter sake onderwerp getoon. Hy het egter 'n aanleg getoon vir debat en onafhanklike denke rakende komplekse aangeleenthede – na een sodanige bespreking (rakende Darwin se ewolusieteorie) het een teologiestudent aan Heyns se ouers opgemerk dat Heyns besig was om sy sinne te verloor.

Hoër onderwys Johan Heyns het sy voorgraadse studies voltooi aan die universiteit in Potchefstroom, toe nog bekend as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, waar hy 'n lewenslange vriendskap gesmee het met Hendrik Stoker, die Suid-Afrikaanse Calvinistiese denker en sentrale verdediger van die Filosofie van die Kosmonomiese Idee.Theological Development In the Dutch Reformed Church in South Africa , deur S.A. Strauss. Gepubliseer in die Teologiese Forum van die Gereformeerde Ekumeniese Raad, Vol. XXIII, No. 4, December 1995 Stoker se idees het 'n beslissende invloed gehad op die res van sy akademiese loopbaan.Die Christen Afrikaner A Brief History of Calvinistic Afrikanerdom from 1652–1980 deur Ds. Prof. Dr. Francis Nigel Lee, bladsy 84

Heyns het sy opleiding as predikant aan die Universiteit van Pretoria voltooi en besluit om sy doktorale studies voort te sit aan die Vrye Universiteit. Hy behaal sy PhD onder toesig van G. C. Berkouwer in 1953 met 'n tesis getiteld Die Grondstruktuur van die Modalistiese Triniteitsbeskouing.

In 1961 behaal hy 'n tweede PhD (in filosofie) onder die toesig van prof. Stoker. Sy tesis was getiteld Die Teologiese Antropologie van Karl Barth vanuit Wysgerig-Antropologiese Oriëntering.JA Heyns en die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Apartheid PhD tesis deur Henry Hofmeyr Williams, bladsy 75

Beroep In 1954, na voltooiing van sy teologiese studies in Amsterdam, is Heyns georden as leraar en het hy as predikant gedien in die Ysterplaat gemeente van die NGK. Aan die einde van 1960 het hy oorgegaan na Rondebosch as studenteleraar, waar verskeie Afrikanerpolitici onder sy skape getel het (onder andere Hendrik Verwoerd, John Vorster, en PW Botha).

Heyns se akademiese loopbaan het begin toe hy in 1966 as dosent in dogmatiek aangestel is aan die Universiteit Stellenbosch. In 1971 het hy A.B. du Preez as professor opgevolg aan die Universiteit van Pretoria waar hy gebaseer was tot en met sy aftrede in 1993.

Tydens sy diens as professor aan die NGK vir bykans 20 jaar, het hy ongelooflike invloed uitgeoefen op die kerk. Hy sal onthou word vir 'n lang lys publikasies "Bibliografie: J.A. Heyns", deur R. Venter, 1988. Published in "'n Woord op sy Tyd", Wethmar & Vos (ed.) bladsye 238-245 asook verskeie aanstellings wat hy beklee het tydens sy lewe. Dit het daartoe bygedra dat hy erken word as een van die belangrikste teoloë in die NGK."Prof. dr. Johan Adam Heyns – anno sexagesimo", deur P.B. Van der Watt, 1988. Gepubliseer in "'n Woord op sy Tyd", Wethmar & Vos (ed.) bladsye 1-8

Siening van apartheid In die 1980’s en 1990’s het Heyns 'n sentrale figuur geword in die stryd om verandering van die NGK se siening van Apartheid, wat gelei het tot die kerk se teoretiese verwerping van die siening.Heyns was Strategies op Regte Tyd om N.G. Kerk te laat Beweeg, artikel in Bult, June 2006, bladsy 30. In 1982 het Heyns openlik die siening dat "Apartheid die wil van God is" verwerp, en het 'n beroering veroorsaak tydens die sinode van daardie jaar deur openlik veelrassige huwelike voor te staan. Vir langer as 'n jaar is hy uitgesluit uit die hiërargie van die kerk, maar herverskyn in 1986 toe hy verkies is as moderator – die hoogste posisie in die kerk. Hy het onmiddellik begin om die kerk te oortuig dat Apartheid nie Bybels gefundeerd kan word nie.

Volgende op die NGK Sinode van 1986 het tienduisende kerklidmate en gemeentes weggebreek om die Afrikaanse Protestantse Kerk te vorm.Die Apartheid Bybel Hersien deur Prof. Bobby Loubser, Universiteit van Zoeloeland In September 1989, 'n tydstip waarop die regering voor die voet alle vreedsame protesoptogte onderdruk het, het NGK onderhandelinge, gelei deur Heyns, die regering daartoe oortuig om vreedsame optogte toe te laat.Artikel in The Natal Mercury, September 14, 1989 Dit was die eerste beweging in die rigting van vreedsame protes weg van die gewapende konfrontasie-benadering.

In 1990 het die NGK, by monde van Heyns, Apartheid as 'n sonde verklaar. Sy teologiese bydraes het 'n groot invloed gehad op die verandering van die Afrikanerregering.

Moord Op Saterdagaand, 5 November 1994, het Heyns kaart gespeel met sy vrou en drie kleinkinders (toe onderskeidelik 2, 8 en 11 jaar oud) in hulle huis in Pretoria. Hy is op slag gedood toe 'n onbekende aanvaller, wat 'n .303 kaliber geweer gebruik het, hom met 'n enkele skoot deur 'n oop venster doodgeskiet het. Die koeël het sy nek binnegedring en sy kop naby sy oë verlaat en 'n gat gelaat so groot soos 'n mens se vuis.1995 Dreigement: Madiba is Volgende , nuusberig in Die Burger, Maart 16, 2004.

Alhoewel die polisie nie wou spekuleer oor 'n moontlike motief nie, was baie daarvan oortuig dat hy deur verregse ekstremiste vermoor is. Kort ná die aanval het 'n sekretaresse van Die Burger, 'n Afrikaanse koerant, dreigemente ontvang dat drie ander Afrikaanssprekende kabinetsministers volgende aan die beurt is. Die persoon het aan die sekretaresse gesê dat hy reeds alles verloor het weens regstellende aksie: “Ons behoort...ek behoort aan geen organisasie nie. En dit sal nie die laaste een wees nie.” Soortgelyke dreigemente het gevolg wat daarop gedui het dat Madiba ook 'n teiken was.

Motiewe Dit word algemeen aanvaar dat Heyns se Bybelse standpunt teen Apartheid wat gelei het tot die NGK-skeuring en stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk en die verklaring van Apartheid as sonde, die waarskynlike motief agter sy moord was.

Heyns se moordenaar het min leidrade gelaat, en tot nou toe is niemand in hegtenis geneem oor die moord nie.

Boeke

Teologiese Etiek Deel 1, 1982 (ISBN: 0 7987 0319 9) Teologiese Etiek Deel 2/1, 1986 (ISBN: 0 7987 0418 7) duimnael|Teologiese Etiek Deel 1, 1982 (ISBN: 0 7987 0319 9)

Verwysings Hierdie artikel (of gedeeltes daarvan) is vertaal vanaf 'n weergawe van die Engelse Wikipedia-artikel "Johan Heyns"

Sien ook Lys van sluipmoordslagoffers in Suid-Afrika

Bronne "Theological Development in the Dutch Reformed Church in South Africa" vanuit Theological Forum, Vol. XXIII, No. 4, Desember 1995, met 'n beskrywing van Heyns se bydraes J A Heyns en die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Apartheid – PhD tesis deur Henry Hofmeyr Williams aan die Universiteit van die Vrystaat. Dit bevat 'n uitgebreide analise van Heyns se Teologiese sieninge en begaafdheid, en sluit ook inligting in oor sy agtergrond as Afrikaner en sy rol in die NGK se uiteindelike belydenis dat Apartheid sonde is.

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse filosowe Kategorie:Suid-Afrikaanse teoloë Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1994 Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria