Goldfish is 'n elektronika- en dance-musiekgroep vanuit Kaapstad (Suid-Afrika) en bestaan uit Dominic Peters en David Poole. Hulle skep dance-musiek met elemente van jazz en Afrika-musiek en kombineer regstreekse instrumente soos die kontrabas, saxofoon, sintetiese klaviere, dwarsfluit en stem met samplers, effekte en sintetiseerders. Hulle het al vele internasionale elektronika-handelinge se konserte geopen, waaronder Basement Jaxx, Fatboy Slim, Mr Scruff, Audio Bullys, Paul van Dyk, Pete Tong, en Stereo MC's.http://www.goldfishlive.com/ In 2009 het hulle 'n rekord gestel deur agt nominasies vir die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings te ontvang, vir onder andere Beste Duo of Groep en Album van die Jaar. Hulle het die toekennings vir die Beste Vervaardiger en Beste Dance-album ontvang.http://www.tonight.co.za/index.php?fArticleId=4896743

Diskografie Caught in the Loop (2006) Pure Pacha (2008) Perceptions of Pacha (2008) Perceptions of Pacha REMIXED (2009) Get Busy Living (2010) GoldFish (2012) Three Second Memory (2013) Late Night People (2017)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf MySpace-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe