Die Vanstadensberg is 'n oostelike uitloper van die Elandsberge in die Kaapse Plooigordel, Oos-Kaap. Dit is net noord van die N2-hoofpad geleë. Die berg word deur die Van Stadensrivier in twee dele verdeel. Die hoogste punt is die Lady's Slipper (607 m). Die area kan met die Lady's Slipper-voetslaanpad verken word, en die Culturama-kampeerterrein is aan die berg se noordekant geleë.

'n Deel van die berg is in die Longmore-staatsbos geleë wat deur middel van stap- en bergfietsroetes verken kan word. Die Hoër van Stadensdam is in die staatsbosgebied noord van die berg geleë, en kan via Die Forte-voetslaanroete verken word. Die dam met sy inlaatkeerwalle, filterbeddings en opsigtershuisie is in 1893 voltooi. Ongeveer 3 km stroomaf is 'n pomphuis en keerwal in 1899 gebou. Die twee forte is tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebou om die watervoorraad te beskerm.New Route: The Forts , 3riverstrails, Mark Ackerman

Kyk ook Kraggakamma Vanstadensbergheuningbostee Vanstadensepterboom

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika