Balsem Kopiva (ook bekend as Copaiba-balsem) is een van die tradisonele Hollandse medisyne wat voorgekom het in die huisapteek van die Voortrekkers.

Waarskuwing Daar bestaan geen afdoende wetenskaplike bewys vir die geneeskrag van die salf en olie nie. Dit moet dus nie as ‘n geneesmiddel beskou word nie, maar slegs gebruik word om moontlike simptome te verlig. Vir die meeste mense is dit egter veilig in matige hoeveelhede. Gewoonlik is ‘n dosis van ‘n halwe teelepel gemeng in ‘n glas vol warm melk en soms met suiker voldoende.

Gebruik Dit word gebruik teen allerhande daaglikse ongesteldhede: ligte nierkwale, brongitis, aambeie, harlywigheid, diaree, urienweginfeksies, hoes, sinisitis, artritis, rugpyn, tandpyn, rumatiek, velaandoenings en maagsere. Dit dood kieme en laat ontsteking afneem. As dit ingeasem word, kalmeeer dit blykbaar die senuweestelsel, verlig depressie en pyn. Ongewensde newe-effekte wat kan opduik is maagpyn, braking, diaree, veluitslag, bewing, pyn in die lieste, slaaploosheid, ‘n rooi uitslag op die vel en ‘n jeukerige vel. Soms is dit ‘n bestanddeel in die maak van seep, parfuum, ontsmettingsmiddels, verf, vernis, insekverdrywingsmiddels, haarkleurmiddels en selfs as kleurmiddel in voedsel.

Bron Die olie word gedistilleer uit die hars van die Copaifera officinalis, ‘n boom inheems in Brasilië, Bolivië en Venezuela. Dit ruik soet, houterig en na hars en is helder en kleurloos. In die buitelug word dit dikker ek kry daar ‘n kleur van ligte geel tot goudbruin.

Lees ook Rankkopieva

Bibliografie https://essentiallynatural.co.za/blogs/the-essentially-natural-blog/copaiba-balsam-essential-oil?srsltid=AfmBOoqskITMRHgylMukL3VUOgb8IcbqGHYEqUG9fPpZMvs5LuDDl0BY parisfragranceusa.com/blogs/skin and hair care rxlist.com/supplements/copaibai_balsam.htm webmd.com/vitamins/ai/ingredientmono-412/copaibai-balsam

Kategorie:Geneesmiddels