Psoralea accrescens is 'n struik in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom op die voetheuwels van die Elandsberg en die Groot-Winterhoekberge voor. Daar is twee bevolkings bekend en daar word bereken dat die spesie se getalle met 20% die afgelope 100 jaar afgeneem het as gevolg van bosbou bedrywighede. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
accrescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika