Die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 (Engels: 1973 Women’s Cricket World Cup) is van 20 Junie tot 28 Julie 1973 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die eerste vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is. Die vrouekrieketwêreldbekertoernooi is bedink deur die Engelse sakeman Jack Hayward, wie £40 000 van die koste betaal het. Die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 is interessant genoeg twee jaar vroeër as die eerste Manskrieketwêreldbeker 1975 aangebied.

Sewe nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 deelgeneem: Australië, Engeland, Internasionale IX, Jamaika, Jong Engeland, Nieu-Seeland en Trinidad en Tobago. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 is 21 wedstryde in ’n rondomtalie gespeel. Die spanne is in en groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span ses groepwedstryde gespeel. Die span met die meeste tabelpunte het die toernooi gewen. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan. Engeland het die groep eerste afgesluit met 20 punte van hul ses wedstryde, waaronder vyf oorwinnings en een nederlaag, terwyl Australië met 17 punte van vier oorwinnings die tweede plek beklee het. Suid-Afrika kon nie aan die vrouekrieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Die laaste groepwedstryd wat op 28 Julie op Edgbaston beslis is, is oorheers deur ’n honderdtal deur die Engelse Enid Bakewell, wie 118 lopies tot Engeland se telling van 279/3 in hul 60 kolfbeurte bygedra het, waarna hul kaptein Rachael Heyhoe Flint 64 lopies aangeteken het. Australië is deur die Engelse boulwerk op 187/9 beperk, heelwat minder as die teiken. Die beker is oorhandig deur prinses Anne en die seëvierende Engelse span is deur die destydse eerste minister Edward Heath by 10 Downing Street verwelkom.

Deelnemers Die volgende ses spanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 deelgeneem: Australië, Engeland (gasvroue), Jamaika, Nieu-Seeland en Trinidad en Tobago het as volle lede van die Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) regstreeks vir die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 gekwalifiseer. Die Internasionale XI en Jong Engeland is uitgenooi om die oorblywende twee plekke te vul. Jamaika en Trinidad en Tobago het een jaar later deel van Wes-Indië geword.

duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueEerste –DebuutVolle ledeEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutEerste –DebuutUitgenooiEerste –Debuut Jong EngelandEerste –Debuut

Stadions Die eerste vrouekrieketwêreldbeker is op 21 krieketstadions dwarsdeur die land gespeel. Altesaam 21 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 gespeel, elkeen op ’n ander krieketstadion.

Londen, Groter Londen Bournemouth, Dorset Hove, Oos-Sussex St Albans, Hertfordshire Tring, Hertfordshire Kew Krieketklub Dean Park County-krieketveld Clarence Park Tring Park Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: 5 007 Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px 200px 200px Chesterfield, Derbyshire Sittingbourne, Kent Londen, Groter Londen Dartford, Kent Queen’s Park Gore Court Ealing-krieketklubveld Hesketh Park Kapasiteit: 7 000 Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px Bradford, Yorkshire Bletchley, Buckinghamshire York, Noord-Yorkshire Exmouth, Devon Park Avenue Manor Fields Clifton Park Ground The Maer Ground Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend 200px 200px 200px 200px Kirby Muxloe, Leicestershire Cambridge, Cambridgeshire Londen, Groter Londen Liverpool, Merseyside Leicester Ivanhoe Fenner’s Valentines Park Aigburth Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 6 000 Kapasiteit: 3 000 200px 200px 200px 200px Wolverhampton, Staffordshire Swansea, Wallis Eastbourne, Oos-Sussex Birmingham, Wes-Midlands Danescourt St Helens The Saffrons Edgbaston Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: 25 000 200px 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 is oor 39 dae tussen sewe verskillende spanne oor 21 wedstryde beslis. Dit het op 20 Junie 1973 op die Kew Krieketklub in Londen met die openingswedstryd tussen Jamaika en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op 28 Julie op Edgbaston in Birmingham met die laaste en beslissende wedstryd tussen Engeland en Australië, waartydens Engeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die rondomtalie.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiRondomtalieJunie/JulieWo20Do21Vr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28Rondomtalie | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 3

| bgcolor=#c364f3| 3

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 3

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 3

| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1

Verklaring

Rondomtalie Die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 is deur sewe nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die rondomtalie is die sewe deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die rondomtalie gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die span wat in die rondomtalie die meeste wedstrydpunte versamel het, het die toernooi en daarmee die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen.

Rondomtalie Span6510+3.910206411+2.848176321+2.664136321+2.474136240+1.97686141+2.3435 Jong Engeland6150+2.3074

Vrouekrieketwêreldkampioen 1973

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al sewe deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1973.

duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1973: RangSpanGroep Finaliste 1 – 6 5 0 1 1055 704 +351 +3.910 20 2 – 6 4 1 1 702 685 +17 +2.848 17 In die groepfase uitgeskakel 3 – 6 3 1 2 717 546 171 +2.664 13 4 – 6 3 1 2 699 836 –137 +2.474 13 5 – 6 2 0 4 548 688 –140 +1.976 8 6 – 6 1 1 4 629 748 –119 +2.343 5 7 Jong Engeland – 6 1 0 5 689 832 –143 +2.307 4

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Enid Bakewell 264 2 Lynne Thomas 263 3 Rachael Heyhoe-Flint 257 4 Vivalyn Latty-Scott 168 5 Jackie Potter 167 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Rosalind Heggs 12 2 Mary Pilling 9 Tina Macpherson Julia Greenwood 5 Nora St Rose 8 Glynis Hullah Miriam Knee Christine Jacobson

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

1973 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Wallis 1973 Kategorie:Sport in 1973