Die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 (Engels: 1978 Women’s Cricket World Cup; Hindi: 1978 महिला क्रिकेट विश्व कप) is van 1 tot 13 Januarie 1978 in Indië beslis. Dit was die tweede vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is. Daarbenewens was dit die eerste kriekettoernooi wat in Indië aangebied is.
Vier nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 is ses wedstryde in ’n rondomtalie gespeel. Die spanne is in en groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span drie groepwedstryde gespeel. Die span met die meeste tabelpunte het die toernooi gewen. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. Australië het die groep eerste afgesluit met ses punte van hul drie wedstryde, nadat hulle onoorwonne gebly het, terwyl die verdedigende kampioen Engeland met vier punte van twee oorwinnings die tweede plek beklee het. Die gasvroue Indië het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Suid-Afrika kon nie aan die vrouekrieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.
Die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 was destyds die kortste toernooi volgens beide sy lengte en aantal wedstryde wat gespeel is. Volgens berigte was die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 swak georganiseer en is belemmer deur die konflik tussen die WCAI, Indiese deelstaatregerings en die nasionale regering. Die deelnemende spanne is ingelig dat die toernooi van 29 Desember 1977 tot 23 Januarie 1978 beslis sou word en hulle is aanbeveel om teen Middel-Desember in Indië aan te kom vir opwarmingswedstryde. Hulle het opgedaag en gevind dat geen wedstryde gereël is nie; die WCAI het ’n reisplan uitgereik na die eerste wedstryd, maar slegs sowat die helfte van die verwagte wedstryde is voltooi. Die toernooi het nogtans groot skare gelok. Engeland se Megan Lear het later vertel dat die “mees onvergeetlike deel van [die] toernooi was om voor skares van meer as 40 000 te speel”. Die Indiërs was die eerste vrouespan wat in ’n broek gespeel het; tydens die vorige Vrouekrieketwêreldbeker 1973 het al die spanne in rompe gespeel.
Toewysing Daar is oorspronklik voorgestel dat Suid-Afrika die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 sou aanbied, dié voorstel is egter laat vaar in ooreenstemming met die sportboikot teen die land weens sy apartheidsbeleid. Die Vrouekrieketvereniging van Indië (WCAI) het toe ’n suksesvolle bod ingedien en as die hooforganiseerder opgetree met die Internasionale Vrouekrieketraad wat slegs beperkte toesig verskaf het.
Deelnemers Saam met Indië, wat sy debuut gemaak het, is oorspronklik vyf ander spanne genooi: Australië, Engeland, Nederland, Nieu-Seeland en Wes-Indië. Beide Nederland en Wes-Indië, wat albei voorheen nie deelgeneem het nie, moes om finansiële redes hulleself aan die toernooi onttrek. Indië het vir die eerste keer aan ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
duimnael|400px|Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 deelgeneem het. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasvroueEerste –DebuutUitgenooiTweede1973Naaswenner (1973)Tweede1973Kampioen (1973)Tweede1973Groepfase (1973)
Stadions Tydens die toernooi is vier Indiese stadions gebruik. Altesaam ses wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 gespeel.
Hyderabad Jamshedpur Kolkata Patna Lal Bahadur Shastri-stadion Keenan-stadion Eden Gardens Moin-ul-Haq-stadion Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 25 000 200px 200px 200px 200px
Formaat Die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 is oor 13 dae tussen vier verskillende spanne oor ses wedstryde beslis. Dit het op 1 Januarie 1978 op die Keenan-stadion in Jamshedpur met die openingswedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op 13 Januarie op die Lal Bahadur Shastri-stadion in Hyderabad met die laaste en beslissende wedstryd tussen Engeland en Australië, waartydens Australië die Vrouekrieketwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die rondomtalie.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiRondomtalieJanuarieSo1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Rondomtalie | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1Verklaring
Rondomtalie Die Vrouekrieketwêreldbeker 1978 is deur vier nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die rondomtalie is die vier deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die rondomtalie gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die span wat in die rondomtalie die meeste wedstrydpunte versamel het, het die toernooi en daarmee die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen.
Rondomtalie Span3300+3.26463210+2.65743120+2.77723003+1.9880
Vrouekrieketwêreldkampioen 1978
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al vier deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 1978.
duimnael|400px|Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 1978: RangSpanGroep Finaliste 1 – 3 3 0 0 427 286 +141 +3.264 6 2 – 3 2 0 1 321 320 +1 +2.657 4 In die groepfase uitgeskakel 3 – 3 1 0 2 399 467 –68 +2.777 2 4 – 3 0 0 3 272 346 –74 +1.988 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Margaret Jennings 127 2 Barbara Bevege 126 3 Lynne Thomas 109 4 Sharon Tredrea 87 5 Wendy Hills 66 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Sharyn Hill 7 2 Sharon Tredrea 6 Pat Carrick 4 Glynis Hullah 5 Peta Verco
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
1978 Women’s Cricket World Cup Amptelike webtuiste van die Internasionale Krieketraad
Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Indië 1978 Kategorie:Sport in 1978