SIMP J013656.5+093347 (afgekort as SIMP0136) is 'n voorwerp met 'n planetêre massa wat 19,9 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Visse geleë is. Dit behoort tot die spektraalklas T2,5 en sy posisie wissel vanweë sy eiebeweging van sowat 1,24 boogsekonde per jaar.

Fisiese eienskappe In 2017 is aangekondig die voorwerp se massa kan net 12,7 Jupitermassas wees en is dalk 'n weesplaneet eerder as 'n bruindwerg, want dit lyk of dit deel van die relatief jong, 200 miljoen jaar oue Carina- nabystellêre bewegende groep is.

In 2018 het sterrekundiges gesê die feit dat SIMP J01365663+0933473 "met die Very Large Array-radioteleskoop waargeneem is deur radio-emissies van sy auroras, beteken daar is 'n nuwe manier om eksoplanete op te spoor, insluitende die ontwykende soort wat nie om 'n moederster wentel nie... Dié spesifieke voorwerp is opwindend want die bestudering van sy magnetiesedinamo-meganismes kan ons nuwe insigte gee in hoe dieselfde soort meganismes in ekstrasolêre planete – planete buite ons Sonnestelsel – kan werk... Ons dink dié meganismes werk dalk nie net in bruindwerge nie, maar ook in beide gasreuse en aardplanete."

In 2017 is die rotasie- en radiale snelheid gemeet. Daar is bevind SIMP0136 word gesien met sy ewenaar byna na die Aarde gedraai en dat hy 'n baanhelling van 80 ± 12° het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Weesplanete Kategorie:Visse (sterrebeeld) Kategorie:2MASS-voorwerpe