duimnael|Haarlemensis in 2013 Haarlemensis (ook bekend as haarlemmerolie) is een van die tradisionele Hollandse medisyne wat vir die behandeling van verskeie kwale aangewend word. Die olie was een van die vernaamste geneesmiddels in die Voortrekkers se noodhulpsakkie.
Gebruik In vorige eeue is dit bemark as ‘n panasee. Dit is gebruik teen blaasontsteking, griep, verkoue, lewerkwale, nierstene, galstene, wonde, gewrigspyne, hardlywigheid en om sekere velaandoenings op te klaar. Teenswoordig is dit meer ‘n voedingsaanvulling. Aan klein huisdiere word dit toegedien by algemene ongesteldheid, veral vir maagprobleme, en om ‘n mooi blink pels te verkry. By ‘n sekere pluimveekwaal word dit aan hoenders toegedien. Na bewering baat perde veel by die middel. Veral aan reisiesperde word dit gegee, want dit verbeter glo die urienwegstelsel, verwyder gifstowwe uit die bloed, beskerm die perd teen infeksies, stimuleer die perd se hormoonafskeiding en beveg artritis. Die werking van haarlemensis as geneesmiddel is egter omstrede en onseker. Daar bestaan geen vaste wetenskaplike bewys van die doeltreffendheid daarvan nie en word dus soms as bloot ‘n kwaksalwermiddel bestempel.
Samestelling Die middel bestaan uit ‘n mengsel van terpentynolie (die vernaamste bestanddeel) en swawel, kruie, lynolie, barnsteenolie, naeltjiesolie. Die samestelling verskil van produsent tot produsent en dikwels staan op die houer die samestelling is geheim. Dit word verkoop as ‘n vloeistof in ‘n klein botteltjie of teenswoordig in ‘n kapsule of as ‘n salf. Dit is vir inwendige en uitwendige gebruik en word dus gedrink of aangesmeer.
Naam Die middel staan in Latyn bekend as medicamentum gratia probatum. In Afrikaans gebruik on die name Haarlemensis, Haarlemmerolie en Harmansdrup. Laasgenoemde naam is waarskynlik te wyte aan die feit dat die olie op ‘n koue oggend baie stadig drup.
Geskiedenis Die onderwyser Claes Tilly van Haarlem in Nederland was in 1696 die oorspronklike samesteller van die geneesmiddel. Deur die reise van matrose en sendelinge het dit wêreldwyd bekend geword.
Bibliografie https://gezondheidaanhuis.nl/en/product/8233/Haarlemmerolie-Haarlemmerolie-120-capsules https://www.haarlem-oil.com/ https://www.oprechtehaarlemmerolie.nl/geschiedenis-haarlemmerolie.html
Kategorie:Geneesmiddels