Wiborgiella bowieana is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Robertson tot by Riversdal en Bredasdorp voor. Die plant het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan koringverbouing die afgelope 80 jaar en daar is slegs twee klein gedefragmenteerde bevolkings, van minder as 100 plante elk, oor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van slegs 35 km² en die oorblywende plante word bedreig deur verdere gewasverbouing en oorbeweiding. Die plant is deel van die renosterveld en word as seldsaam beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
bowieana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika