duimnael|Cullinan-diamantmyn Die Cullinan-diamantmyn (voorheen bekend as die Premiermyn) is een van die wêreld se grootste en bekendste diamantmyne.

Ligging Die myn is by die koördinate 25° 40′ 21″ suid, 28° 30′ 45″ oos, by die dorp Cullinan en 45 km noordoos van Pretoria.

Myn Die oopgroefmyn se oppervlakte op die aarde is nagenoeg ‘n kilometer by ‘n halwe kilometer. Die vulkaniese pyp het ‘n area van 32 ha. Tot 1932 is dit tot ‘n diepte van 190 m as dagbou bedryf. In 1946 is met ondergrondse mynbou begin. Tussen die 2 en 5 megaton erts word per jaar gemyn. Water word van die Premiermyndam (soms bekend as die Wilgerivierdam) na die myn gepomp. Die dam is by die samevloeiing van die Bronkhorstspruit en sy tak die Wilgerivier.

Diamant Die myn is ‘n bekende bron van groot diamante. Gereeld word een groter as 10 karaat gevind. Meer as 750 diamante groter as 100 karaat, 130 van meer as 200 karaat en meer as ‘n kwart van die wêreld se diamante groter as 400 karaat is hier verkry. Afgesien van die donkerder nywerheidsdiamente word diamante aangetref in die kleure pienk, geel, groen, bruin, wit en die unieke blou. Dit is die wêreld se enigste beduidende bron van die blou diamant.

Bekende diamante Die premiermyn het van die wêreld se beroemdste diamante opgelewer. Cullinandiamant die kleurlose Eeufeesdiamant van 273 karaat gesny uit ‘n ruwe steen van 600 karaat die Niarchos, gesny uit ‘n ruwe diamant van 426.5 karaat die peervormige Victoria Transvaal Blou van 25 karaat die kleurlose Taylor-Burton van 62.4 karaat, gesny uit ‘n ruwe steen van 240.8 karaat die vleklose Premier Rose van 137.02 karaat gesny uit ‘n steen van 353.9 karaat die geel Allnat-diamant van 101.29 karaat die Blue Moon of Josephine van 12.03 karaat die Symbolic Yellow van 114.63 karaat die Golden Jubilee gesny uit ‘n ruwe diamant van 755 karaat

Geskiedenis Na die Tweede Vryheidsoorlog het die nasate van Willem Prinsloo die plaas Elandsfontein (ook bekend as Zonderwater) vir £52000 aan Thomas Cullinan en Percival Tracey verkoop en hulle stig in 1902 die Premier (Transvaal) Diamond-maatskappy. Hulle het met dagbou (dit is oopgroefmynbou) begin op ‘n pyp geskat op 1400 miljoen jaar oud en ouer as enige ander kimberlietneerslag. In 1905 word die myn wêreldnuus toe die Cullinandiamant gevind word. Tydens die Depressiejare is die myn gesluit en word in 1944 weer na 12 jaar heropen. Dit neem toe 10 maande om reënwater uit die myngat te pomp voordat werksaamhede hervat kon word. Bosduiwe het intussen ook hulle tuisgemaak in die wande van die groot groef. In November 2003 word die myn herdoop tot die Cullinan-diamantmyn ter viering van sy honderdste bestaansjaar. Die Petra Diamonds Cullinan-konsortium is sedert 2008 die eienaar.

Bibliografie https://artsandculture.google.com/entity/premier-mine/m08tmcj?hl=en Lincoln, John: Stories from a Diamond Mine – The Early Days. https://www.theheritageportal.co.za/article/stories-diamond-mine-early-days https://www.petradiamonds.com/our-business/our-operations/cullinan-mine/ https://www.researchgate.net/figure/Opened-in-1903-the-Premier-mine-in-South-Africa-is-considered-the-principal-producer-of_fig3_273664968 https://sahistory.org.za/dated-event/sir-thomas-cullinan-74-founder-premier-mine-where-cullinan-diamond-was-discovered-1907

Kategorie:Diamantmyne in Suid-Afrika