Xiphotheca rosmarinifolia is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die laer Breederiviervallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en word bedreig deur oorbeweiding en swak brandbestuur. Daar is ook 'n kans dat die spesie van sy habitat gaan afstaan aan gewasverbouing. Die plant is deel van die renosterveld.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

rosmarinifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika