Xiphotheca canescens is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap op die Nieuwoudtville-eskarp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en word bedreig deur die verbouing van rooibostee. Die spesie benodig veldbrande om saad te skiet en weens die teenwoordigheid van die rooibos plantasies vind weinige veldbrande plaas.

Die plant is deel van die fynbos en groei op hoogtes van 660-780 m.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

canescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika