Xiphotheca guthriei is 'n klein struikie wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van die Kleinrivierberge tot by Potberg voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3350 km² en daar is tien, klein gefragmenteerde bevolkings oor nadat die grootste gedeelte van die spesie se habitat gebruik word vir die verbouing van koring en die aanlê van wingerde.
Die plant is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is vernoem na die plantkundige Louise Guthrie.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
guthriei Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika