Xiphotheca lanceolata is 'n klein struikie wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Hopefield, Paardeberg en vanaf Tulbagh tot by die Hottentots-Hollandberge voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4437-6762 km² en daar is 32-35 gefragmenteerde bevolkings oor nadat die grootste gedeelte van die spesie se habitat gebruik word vir gewasverbouing en voorstedelike ontwikkeling. Die plant word tans bedreig deur te veel veldbrande, steengroefwerke, indringerplante en verder landbou aktiwiteite.

Die plant is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is vernoem na die plantkundige Louise Guthrie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

lanceolata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika